Agri-Pulse-Vryburg – Salomè Scholtz, bekende jong boer en stoetteler in plaaslike Brahman-kringe het onlangs vir ons gewys hoe `n tradisionele beesstert voorberei en bedien moet word.
Tydens die kooksessie met dié oudleerder van die Hoërskool Stella en haar passie vir Brahmane, sal sy mens maklik oorreed om van al jou probleme in die stad/dorp ontslae te raak en ook die plaaslewe met sy vars lug en ooptes na te jaag.
Salomè vertel dat alhoewel sy `n intensiewe stoet bestuur sy dit veel eerder bo `n kommersiëlestoet verkies.
“Genetika, veral by die Brahmane lê my baie na aan die hart en ook `n hegte verhouding met elke liewe een van die diere in my stoet,” vertel die positiewe vrou.
So maak jy...
Johan Hayes, hoofchef en restaurant bestuurder by Silver Spoon Bistro by Tshahitsi Lodge op Upington, moet gereeld vinnige geregte kan maak as gaste by die lodge opdaag en die honger knaag. Een van die geregte wat vinnig voorberei kan word, is sy pangebraaide beeslewer. Johan sê hy sorg dat hy altyd vars lewer aankoop vir oggende-etes of ‘n ligte middag- of aand-ete.
Ons mag nou wel nog nie saam kuier nie, maar kuierkos is nèt die ding om mens solank in die regte luim te kry vir wanneer vriende weer oor jou drumpel kan kom. Die twee vriende wat diè week vir die Tambotiekombuis kook, is Joe Hurter en Jan Haroldt van die Midnight Groep. Diè twee manne hou daarvan om hul gaste met lekker, onopgesmukte kos te trakteer.

