AGRI-PULSE - VRYBURG - Pancakes are a family favourite generally enjoyed on rainy days - days of which a large part of the country have recently experienced.
Pancakes are so versatile and can be enjoyed on sunny, windy and dry summer, autumn or winter days.
Sanet Spencer shared this easy, yet delicious dish of pancakes with a haddock filling, that can be enjoyed with a garden salad, fries, baked potato or a side dish of your choice.
AGRI-PULSE – BRITS – Sy is nie net ‘n toegewyde vrou, ma en ouma nie, Ita Viljoen is ‘n entrepreneur, motiveringsspreker en ‘n dinamiese lid van Brits Vroue Landbou-unie en vir háár hande staan niks verkeerd nie.





Nouja, na seker omtrent 18 maande se heerlike kuiers en koke met VLU-dames van die Platinastreek kom Rustenburg Herald se “Raak die ‘klits’ kwyt-reeks oor ‘n week aan die einde van sekerlik die suksesvolste kosmaakreeks nog in ons geskiedenis. Dié wonderlike reeks lekkerste lekkers en soms sommer net egte boerekos en lekkernye kom uit die kombuis van vroue van Brits in die noorde tot Groot-Marico en Zeerust in die weste - almal lede van Noordwes se Platinstreek. Die reeks is vir ons gekoördineer deur Pam van Rensburg, voormalige voorsitter van die Platinastreek en nou president van Noordwes - Rustenburg Herald bedank alle ywerige en gasvrye dames en hul mans wat ons gul ontvang en hul kombuisgeheime met ons gedeel het. Ons kan julle die versekering gee dat ons lesers groot aanklank gevind het by dié reeks.
Toe ons nog baie maande gelede baie hard besig was met die reeks oor VLU-dames van die Platinatreek, was die ene “Bets Thomas” van die Marikana-tak ook op ons lys ievan dames by wie ons moes gaan “kuier”. In VLU-kringe is Bets daarvoor bekend dat sy die heerlikste Kerrie-frikkadelle in die hele omgewing maak. Maar telkens het dit geblyk of Bets en ons presies dieselfde druk program gehad het en ons kon net nooit daarin slaag om ‘n plekkie en ‘n tyd “vas te maak” wat ons albei gepas het nie. Ja, ons het toe maar moed opgegee...
Daar is min dinge só eg Suid-Afrikaans soos ‘n ‘bunny chow’. Die ikoniese gereg is, volgens dié wat weet, geskep in die strate van Durban waar ‘Banias’ - Indiër straatkosverkopers – plan moes maak omdat hul nie wegneemete-houers kon bekostig nie.
Só het hulle toe begin om brood uit te hol, en hul geurige kerriebredie daarin te bedien. Maar, wees gewaarsku, ‘n bunny chow is nie die gereg om te kies as jy net ‘n ou effense hol kolletjie op die maag het nie; o nee, dié kalorie-intensiewe dis is vir wanneer jy behoorlik honger is. Dis nie ‘n ingewikkelde gereg nie – die grootste besluit wat jy gaan moet neem, is of jy beesvleis, lamsvleis, hoender of net groente gaan gebruik.
Na ‘n yskoue twee weke is die meeste Rustenburgers sekerlik soos ons hier baie bly dat die son sy draai gekry het en dat ons darem weer ‘n paar lekker “warm” sonnige dae het sonder dat ‘n yskoue wind deur die bome (en die bene) sny… Maar ja, die aande is dalk nog ‘n bietjie koel om buite vuur te maak, so vir nog ‘n paar weke is dit waarskynlik nie die regte tyd om jou vriende vir ‘n braai te nooi nie.

