20
Mon, May

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Kerriefrikkadelle met piesang is ‘n gunsteling gereg as Estie Steyn agter die kospotte is. Sy hou van kosmaak, maar dan moet sy geselskap in die kombuis hê. Sy is ‘n grafiese ontwerper, en sê sy is beter agter die rekenaar as in die kombuis.

KERRIE-EN-PIESANG FRIKKADELLE

Bestanddele vir frikkadelle:
• 2 dik snye witbrood
• 1 kg maalvleis
• 1 ui fyngekap
• 1 eier
• blatjang
• kerriepoeier
• sout en peper
• koekmeelblom (rol frikkadelle hierin voor jy dit bak)
Sous:
• 2 eetlepels botter of olie
• 2 groot fyngekapte uie
• 2 eetlepels koekmeelblom
• 125 ml asyn
• 2 eetlepels suiker
• 5 ml borrie
• 1 eetlepel kerriepoeier gemeng met Woolworths se Cape Malay Curry
• 1 eetlepel blatjang
• 2 koppies water
• 6 ryp piesangs
Metode:
• Meng al die bestanddele vir die frikkadelle saam en rol in balletjies.
• Rol elke frikkadel in meel en pak in oondpan.
• Verhit ’n ander pan met botter of olie en braai uie tot sag.
• Voeg alle bestanddele vir die sous by, behalwe die piesangs.
• Roer en sny twee piesangs by sous en laat prut tot sag.
• Gooi sous bo-oor frikkadelle en sny oorblywende piesangs bo-op.
• Bak ’n uur by 180° tot gaar.
• Sit voor met rys en mengelslaai.