09
Thu, May

As dit oor rugby gaan, hou ons nie van die Italianers nie. Maar wanneer dit by kos kom, is ons hulle welwillend en amikaal. Wat pasta so heerlike wenner as gereg maak, is dat jy baie onbeholpe moet wees om pasta verkeerd gaar te maak.
En, met ‘n bietjie verbeelding, kan pasta ‘n ‘show stopper’ wees – ‘n pronkstuk wat jou huismense, of jou gaste behoorlik sal beïndruk. Dié week maak Marnus van Dyk, geen onbekende in die Tambutikombuis, só pastagereg wat vir jou volpunte sal verdien.

‘Spek’-tacular pasta 

Read more …DIÉ PASTA PROE NA MEER

Om Johann Ludick se skielike afsterwe verlede week as ‘n skok te beskryf, begin nie eens om die impak van sy dood te beskryf nie. Deur die afgelope paar jaar het Johann ‘n dierbare vriend geword en ook ‘n gewaardeerde medewerker van die Rustenburg Herald. Johann was een van daardie mense wat jou dag opgehelder het deur bloot te glimlag. Die ondeunde vonkel in sy oë was nooit te ver nie. Maar wanneer dit by kombuissake gekom het, was Johann ernstig en toegewyd. Jy kon op hom reken om altyd met iets nuuts, opwindends en treffend vorendag te kom. Die geregte wat hy vir Tambuti Kombuis voorberei het, was altyd uitsonderlik en het mense aan die praat – en aan die kook – gehad.  Wat ‘n voorreg om hierdie uitsonderlike mens te kon ken – al was dit vir so hopeloos te kort tydjie. Johann, jou menswees, jou vreugde en jou vriendelikheid sal ons almal wat met jou te doene gehad het bybly. Jou geliefdes en vriende is dankbaar vir die vele mooi herinneringe wat hulle van jou kan oorhou. Die groentelasagna wat ons dié week plaas, het Johann voorberei terwyl ek by hom gekuier het twee dae voor hy in die hospitaal opgeneem is. 

Read more …‘N LAASTE KUIER BY JOHANN

Thandi Masawe het nog altyd daarvan gedroom om ‘n sjef te word. Sy het van kleintyd af ‘n liefde vir kosmaak en onthaal en geniet dit om vir haar man en kinders kos voor te berei. Sy bly in Jouberton waar sy grootgeword het.

ALFREDO

Deur Thandi Masawe

Genoeg vir vier
Bestanddele:
• 20 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap

Read more …EASY ALFREDO

Ons het in die verlede by geleentheid al die voorreg gehad om saam met ‘n regte Portugese familie om die tafel te sit en te smul aan die disse met gewoonlik ‘n “skerp” smaak waarvan dié mense hou. Vis is altyd in groot aanvraag onder die Portugese gemeenskap. Maar nie vandag nie.
Vandag kuier ons saam met Nina Chadinha, ‘n jong aspirant-modelletjie van R&B Models en Renay Beukes, eienaar van die agentskap en ‘n voormalige wenner van die Mej Rustenburg Herald-kompetisie in die kombuis terwyl daar vir ons ‘n eenvoudige maar gewilde Portugese gereg voorberei word.
Nina is dalk meer as ‘n aspirant-model - sy spog reeds op jong ouderdom met ‘n rits skoonheidstitels agter haar naam.
Sy was onder meer die algehele wenner van Miss Orange Blossom 2019, die Mej Boerenooi-kompetisie, Mej Mooinooi-titel en is ook pas gekroon as Mej Buffelspoort in die ouderdomsgroep 10 – 12 jaar. Maar terug na ons kos – Nina en Renay maak Portugese spaghetti…

Read more …PORTUGESE CHORIZO- WORSIE EN SPAGHETTI
Page 1 of 4