Rustenburg Herald se Tambutikombuis het ‘n reputasie dat hier geregte opgetower word wat enige ete in ‘n ‘happening’ laat verander. En dié week s’n is geen uitsondering nie. Michelle van Dyk en haar seun, Marnus, is die twee voor die kospotte en hulle berei ‘n maaltyd voor wat jou mond gaan laat water. Die bestanddele is eenvoudig – ‘n paar goeie vriende, ‘n gesellige kombuis, ‘n drinkdingetjie van jou keuse en lekker kuier, en siedaar, kos is op die tafel! Michelle en Marnus maak vir ons ‘n maklike, maar smaaklike vark-en-aartappelgereg.
Varksteakgereg
Bestanddele:
8 medium Aartapels, geskil en gerasper

Nouja, die tyd om die braaivure te stook en te midde van soel somerdae (of aande) saam met vriende in die lapa te ontspan is vinnig besig om onder ons “uit te hardloop” soos die jongmense sê. Vir diegene wat nou al byna die hele somer met die idee in die agterkop loop om so-ens-so vir daardie lank-beloofde “braai” te nooi, is hierdie nou net die geleentheid waarvoor u gewag het.

