20
Mon, May

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Willen Venter se passie vir kos het vlam gevat toe hy in New York modelwerk gedoen en ander smulpape in Amerika ontmoet het. Hy is mal daaroor om te kook en om vir mense disse van regoor die wêreld voor te berei.

WILLEN SE CHATEAU BRYANT

Deur Willen Venter

Bestanddele:
• 1 Koppie heuning
• 1 Koppie Water
• 3 Perske teesakkies
• 900g Steak (tenderloin)
• ½ Koppie botter
• 2 Eetlepels ekstra gesmelte botter
• 2 Eetlepels Pietersielie
• 1 Eetlepel Suurlemoensap
• 2 Eetlepels Seesout
• ½ Eetlepel Swartpeper
• Dubbel Jack Daniels

Voorbereiding:
• Plaas drie teesakkies in die water en voeg die heuning by oor lae hitte.
• Kook vir 8 minute en haal af. (Vat die steak wat nie te dik gesny is nie.)
• Gebruik die gesmelte 2 eetlepels botter en bedek die vleis daarmee.
• Gooi die swartpeper oor en vryf in, saam met die teemengsel.
• Smelt die ½ koppie botter in 'n pan en voeg die pietersiele, suurlemoensap, sout en peper by en plaas die mengsel vir 'n wyle in die yskas.
• Braai die steak op 'n plaat of vlam aan al vier kante vir ± 3 minute aan ‘n kant.
• Braai dan oor lae hitte tot die regte temperatuur bereik word soos jy hom eet.
• Haal van hitte af en laat rus vir 3 minute.
• Sny in skywe en smeer die bottermengsel oor die vleis.
• Bedien met aartappels of enige ander bykos.
• Sprinkel die Jack Daniels oor, steek aan die brand (Flambé) en geniet!