20
Mon, May

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Toe ons nog baie maande gelede baie hard besig was met die reeks oor VLU-dames van die Platinatreek, was die ene “Bets Thomas” van die Marikana-tak ook op ons lys ievan dames by wie ons moes gaan “kuier”. In VLU-kringe is Bets daarvoor bekend dat sy die heerlikste Kerrie-frikkadelle in die hele omgewing maak. Maar telkens het dit geblyk of Bets en ons presies dieselfde druk program gehad het en ons kon net nooit daarin slaag om ‘n plekkie en ‘n tyd “vas te maak” wat ons albei gepas het nie. Ja, ons het toe maar moed opgegee...

Nou, met verlede week se “heel laaste” aflewering in die VLU-reeks waarin ons eintlik beplan het om met Presidente Pam van Rensburg en ‘n paar van haar staatmakers oor ou mates, ou tradisies en so meer te gesels, het Bets ewe vriendelik aangebied om saam te kom en toe ons Pam se spoggerige wa se deur oopmaak - daar is Bets se kerriefrikkadelle en boonop ‘n lekker sago-poeding ook! Nou kyk, die oumense het nie verniet gesê “jy kyk nie ‘n gegewe perd in die bek nie”, en ons het ons dié yslike verrassing laat welgeval...

Dit beteken nou natuurlik dat ons gesprek met Pam en haar kollegas oor die dinge van gister en so ‘n paar handige wenkies voorlopig “op die ys” is en dat ons vir minstens hierdie uitgawe, ons lesers op Bets se befaamde Kerrie-frikkadelle trakteer. Bets se respep lyk so - (dis een van daai wat jy sommer teen die yskas of die kombuismuur opplak...)

Kerrie-frikkadelle
Bestandddele: 
(hierdie resep is vir ongeveer 100 frikkadelle, medium tot klein)
5 lb gemaalde vleis (so 2.5 kg)
2 groot uie, gerasper
3.5 t sout
2k Oats/broodkrummels
2 eiers geskei
2t peper
2 t Steak & Chops (of eie keuse speserye)
2 tamaties (geskil en fyngekap)

Meng alles deeglik saam behalwe die eierwit. Klits dit styf en vou laaste in. Maak frikkadelle gaar.

Gooi nou die gaar frikkadelle in die volgende sous en laat vir ten minste 24 uur deur trek:
1 x 750 bottel asyn
1e borrie
2 lb (so 1kg) uie, gekerf
2-3 e appelkooskonfyt (meer as van soeter hou)
1e Kerrie (meer as van sterker hou)
750 ml olie
Meng alles deeglik en plaas gaar frikkadelle in. Kan hergebruik word en bly paar maande goed.