20
Mon, May

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Karin Weeks verskaf weekliks borde heerlike kookkos aan ‘n hele aantal huishoudings in Klerksdorp. Hierdie smulllekker beesstert is ‘n groot gunsteling en amper een keer ‘n week op haar spyskaart. Dit word op die tradisionele manier voorberei.

Smullekker beesstert

deur Karin Weeks

Bestanddele:
• 3 kg beessttert
• 2 uie
• 10 aartappels gesny
• 3 wortels gesny
• 2 blokkies beesstert aftreksel
• 1 pakkie beesstert soppoeier
• 1 pakkie bruin uie soppoeier

Metode:
• Kap uie en braai in olie.
• Voeg beesstert by en braai tot ligbruin.
• Meng die blokkies aftreksel met 1 koppie kookwater en gooi by die beesstert.
• Sit alles in die 'slow cooker' op low oornag vir ongeveer 6 ure.
• Gooi die volgende oggend die beestert oor in 'n pot, voeg die wortels en aartappels by.
• Meng die soppoeiers met water en gooi oor die beesstert sodat alles bedek is.
• Kook totdat die aartappels sag is.
• As die sous bietjie dun is, meng bietjie koekmeel met water om dikker te maak.
• Geniet saam met stampmielies en pampoen.