20
Mon, May

Baking & Desserts
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Crèm Brûlée

AGRIPULSE – Dit is somer, lekker warm. As jy ‘n soettand is, is ‘n ligte koel Crèm Brûlée net die regte nagereg vir ‘n somersdag. Lizbé Jonas, bestuurder van Beantree Coffee Shop op Upington, sê die nagereg is baie gewild in hul restaurant en is oral in die wêreld bekend en gewild.
Vir hierdie nagereg het jy nie baie bestanddele nodig nie.

Jy benodig: 
• 500 ml room, 
• 100 ml melk, 
• 5 eiers, geskei
• 50 g strooisuiker.

Metode:
Skei die eiers, jy gaan net die gele gebruik. 
Hou die wit van die eiers vir iets anders soos ‘n meringue.
Klits die gele van die eiers en sit eenkant.
Voeg die room en melk in ‘n pot en verhit. 
Dit moenie kook nie.
Intussen klits jou eiersgele en strooisuiker goed saam totdat die mengsel lig van kleur is.
Gooi die mengsel stadig by die verhitte melk. 
Dit moet oor ‘n dubbel-koker gedoen word.
Die geheim van ‘n Crèm Brûlée is dat die mengsel stadig net tot voor kookpunt verhit moet word sodat die eiers nie gaar word nie. Voeg die eiermengsel bietjies bietjies by.
Daarna gooi jy die Crèm Brûlée mengsel in bakkies. 
Bak dit in ‘n Bain Marie bak, 140 grade in die oond vir ongeveer 30 minute. 
Wanneer die Crèm Brûlée  uit die oond kom, strooi strooisuiker oor, skroei die strooisuiker met ‘n blaasvlam tot dit ‘n karamelkors maak. 
Vir garnering kan jy aarbeie gebruik.

Klik hier op jou elektroniese toestel of gaan na https://bit.ly/crèmbrùleé