20
Mon, May

Festive Meals
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Wel, dit is September en die lente is hier - dit is moeilik om te glo dat die winter vanjaar so kort was, maar hier in Rustenburg is ons mos nie ondankbaar nie? Vandeesweek bied ons in die “Raak die ‘klits’ kwyt” iets soos ‘n kinderreseppie wat uitstekend werk vir veral kinderpartytjies en met die warmer maande wat nou aangebreek het, kan ‘n mens dié soort partytjie sommer buite in die tuin aanbied sodat die kleingoed nie jou huis bemors nie.

Die idee kom van juffrou Retha Nel van Duimpie Den Kleuterskool - Retha en haar spannetjies is al goed bekend vir die eetbare diertjies wat met bak-en-brou-dae opgedis word. So ontwikkel die kleingoed van kleins af ‘n gevoel vir kosmaak, die verjaarsdagmaatjies het ‘n klomp pret terwyl hulle op ‘n “konstruktiewe” manier besig gehou word en terselfdertyd maak die maatjies boonop elkeen hul eie kos!

Vir ons “kooksessie” het Retha die maatjies in vier groepies gedeel - jy kan ook so maak met die kleuterpartytjie - byvoorbeeld die Groen groep (ystervarkies), Blou groep (eendjies), Rooi groep (worshondjies) en Geel groep (skoenlappertjies).
Die dierekossies maak jy soos volg:

Ystervarkies
1 kort, dik broodrolletjie per kind. Klein blokkies wortels, kersietamaties, Marmite, botter en roomkas gemeng en gevulde olywe.
Smeer Marmite-bottermengsel oor rolletjies, Pak wortelblokkies oor ystervarkie se lyfie om “ystervarkpenne” te vorm. Plaas twee skywe olywe vir ogies en kersietamaties vir sy snoetjie.

Worshondjies
1 Weense worsie per maatjie, kersietamatie, wortelstokkie, 4 blokkies kaas per kind, tandestrokkies.
Gebruik die worsies as lyfies en steek ‘n kersietamatie bo-op aan die voorpunt van elkeen vas met ‘n stukkie tandestokkie. Steek tandestokkies deur die kaasblokkies en steek in die lyfies om bene te vorm.

Eendjies
Halwe hardgekookte eier per maatjie, Mayonnaise, Simba-skyfies, Rosyntjies vir ogies, roomkaas, sout en peper na smaak en kaaskrulle.

Sny eiers in lengte deur en verwyder eiergele versigtig. Maak eiergele fyn met roomkas, Mayonnaise en sout en peper. Plaas die mengsel in ‘n versierbuis met sterpunt en druk uit in eierwitte. Druk twee aartappelskyfies aan weerskante in om “vlerke” te vorm en kaaskrul om nek en kop te vorm. “Plak gesniperte rosyntjies met vulsel vas vir ogies.

Skoenlappertjies
1 snytjie brood per kind. Gekleurde suuruitjies, gevulde olywe, wortelrepies, roomkaas, kaasvormpies, komkommer.
Sny brood in 2 driehoeke en plaas punte teen mekaar met ‘n blokkie komkommer tussen-in. Dun komkommerrepies vir die voelertjies. Smeer roomkaas op driehoekies en versier met uitjies, kaasrepies en olywe om ‘n mooi simmetriese skoenlappertjie te vorm.

Van “diertjies” gepraat - die aap is sedert onlangs uit die mou dat juffrou Retha Duimpie Den