24
Sun, Nov

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Karin Weeks

Bestanddele:
• 4 eetlepels asyn
• 4 eetlepels bruinsuiker
• 1 eetlepel kerriepoeier
• 1 pakkie beesstert sop
• 1 koppie rooi wyn
• Six Gun Grill-speserye
• Vars pietersielie

Metode:
1. Gebruik soveel vleis as wat jy benodig (ek het 2 sterte gebruik) en plaas dit in ’n Argilla pot.
2. Gooi bietjie van die Six Gun Grill-speserye oor, asook ’n koppie rooi wyn (enige soort. Die rede vir die wyn is om dit ’n lekker taai sous te gee, wat jy oor die stampmielies kan gooi).
3. Sit dit vir 2 ure in die oond op 120 grade.
4. Haal dit uit en maak die bruinsuiker, kerrie- en soppoeier met ’n koppie water aan en gooi dit bo-oor die vleis, asook die gekapte pietersielie.
5. Voeg klein ongeskilde aartappeltjies, klein geskilde uie en klein worteltjies by.
6. Plaas terug in die oond vir 2 ure op 140 grade, en voila, jy het ’n heerlike ete.

• Ek bedien dit gewoonlik met stampmielies wat ek ook in die oond gaarmaak, maar ek week dit oornag dat dit eers sag word.
Alle droë kos soos rys, spaghetti en stampmielies moet water bykry as jy dit in die Argilla gaarmaak.