20
Mon, May

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Ons mag nou wel nog nie saam kuier nie, maar kuierkos is nèt die ding om mens solank in die regte luim te kry vir wanneer vriende weer oor jou drumpel kan kom. Die twee vriende wat diè week vir die Tambotiekombuis kook, is Joe Hurter en Jan Haroldt van die Midnight Groep. Diè twee manne hou daarvan om hul gaste met lekker, onopgesmukte kos te trakteer.
Diè week maak hulle ‘n kaasburger, asook ‘n regte kuierstaatmaker, ‘n mengelmandjie. En dan ook, sommer net vir die lekker, gekruide Hoender-‘strips’.

Bestanddele:

200g bief ‘patty’, gemaak met vars maalvleis en “geheime” speserymengsel
1 Ui, ringe gesny
1 Tamatie, in skyfies gesny
Vars blaarslaai
Cheddarkaas in skyfies gesny
Vars broodrolletjie

Metode:

Braai die bief ‘patty’ tot mediumgaar
Roerbraai die uieringe tot gekaramaliseerd
Smeer die broodrolletjie met botter
Sit vars blaarslaaiblaartjies op die broodrolletjie
Sit die gaar bief ‘patty’ bo-op
Dan die kaasskyfie, tamatie en gebraaide uie
Bedien met vars skyfies