21
Thu, Nov

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die tyd van die jaar vir luilekker ontspan langs die swembad, in die lapa, die strand of die bosveldplasie is vanjaar sommer baie vinnig op ons en baie van ons het waarskynlik nog nie ons vakansiereëlings in plek nie. Uiteraard gaan loshande die meeste mense dié Desember-vakansie met vriende en familie deurbring en nee, hierdie kuiers is nie regtig geleentheid vir die formele “onthaal” nie. Nee, in die vakansies span sussies, ma’s en tantes en sommer ons mans by die braaivure saam om vir die hele familie en die altyd honger kinders ‘n ietsie vullends te ete te gee. Die idee is natuurlik ook dat ‘n mens hierdie familiekuiers geniet en nie te veel tyd in die kombuis deurbring nie. Vir baie van ons mag dit wys wees om hierdie vinnige maar heerlike hamburger- en vetkoekresepte van Vetkoek Den en Big Big Burger teen die yskas of die koelerboks te plak.

Charmaine Steyn is eienaar van die bekende Vetkoek Den & Big Big Burger. Sy het die onderneming omskep van ‘n gewone wegneemeteplek na ‘n volwaardige restaurant met ‘n dranklisensie. Maar vinnige smulhappies is nie die enigste disse op die spyskaart nie - Sondag is daar heerlike buffetetes en van Maandag tot Vrydag kan u enige tyd tussen twee gebalanseerde maaltye kies.
Vir die kantoorpartytjie word daar heerlike “platters” voorsien en ‘n verskeidenheid immergewilde tuisgebak is deurlopend beskikbaar. Vetkoek Den/Big Big Burgers sal graag die spyseniering vir u volgende uithanggeleentheid hanteer en benewens “buitespyseniering” kan ‘n intieme groep soos ‘n kleinerige familie op die perseel gehuisves word. Vetkoek Den se besigheidsure is Maandae tot Vrydae (07h00 tot -19h00) en Saterdae en Sondae vanaf 08h00 tot 14h00 of tot die laaste kliënte vertrek. Benewens gratis aflewering kan jy by 076 403 4821 by die Whatsapp-groepie aansluit vir ‘n daaglikse spyskaart met die dag se spesiale aanbiedinge. Skakel andersins na 014 592 5583 tydens kantoorure, loer in by Von Wiellighstraat 44 of epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
Ja, dis omtrent ‘n mondvol en só is dit ook met Vetkoek Den en “Big, Big Burgers se vetkoeke en hamburgers - hoe dan nou anders met so ‘n naam? Ons het vir Charmaine en haar span gevra om vir ons ‘n heerlike vetkoek en hamburger voor te berei en die gewilde resepte met ons lesers te deel. Woorde wat by ons opkom tydens ons ondervinding van Vetkoek Den & Big, Big Burger, is netheid, vriendelike en flinke diens en uitstekende waarde vir geld! Ons meen Vetkoek Den is hoogs aan te bevole!

Bestanddele:
1,2 kg koekmeel
1 pak droë suurdeeg
10 ml sout
50 ml suiker
Voeg sowat 1 liter water bietjie-vir-bietjie by terwyl die deeg geknie word. Let wel - die deeg moet nie meer aan die hande vassit nie, laat rus en rys in verkieslik ‘n warm area. Knie daarna die deeg af en vorm die grootte vetkoeke wat jy verkies. Laat die deegbolletjies vir nog sowat 5 minute rus voordat jy in dit in warm olie bak.

Vulsel:
1 kg maalvleis
1 koppie broodkrummels
1 groot ui gerasper
1 eier
1/2 kop Worcestershire-sous
1/4 kop droë pietersielie
1eetlepel hoenderspeserye
1eetlepel sout
1eetlepel peper

Metode:
Deegmengsel:
1eier
1 teelepel bakpoeier
2 koppies koekmeel

Ongeveer 2 l water (moet so dun soos pannekoekdeeg wees). Meng vleismengsel goed deur, maak 12 tot 15 ronde bolletjies ewe groot, druk ronde vleisbolletjies in koekmeel plat tot die grootte van ‘n gewone “patty”, druk dan die vleis “patty” in die deegmengsel en braai dan in diepwarm olie - ongeveer 4 min. Die “patty” moet lekker brosgebraai wees.
Haal dan uit en laat olie goed dreineer.
Geniet die vetkoek net so of met slaaisous, tamatie en kaas of bykomende bestanddele van u keuse of bedien eenvoudig op ‘n varsgebakte broodjie vir die heerlikste “hamburger” in die dorp.