21
Thu, Nov

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Maklik, gesond en vullend. Só beskryf Emsie Jansen van Rensburg hierdie maklike hoenderslaai wat sy graag vir middagete voorberei. Emsie het lank in Klerksdorp gewoon, maar is nou ‘n Pretorianer waar sy in bemarking werk.

deur Emsie Jansen van Rensburg

Bestanddele:
• 1 Hoenderfillet
• 5 ml sesame saad
• 10 ml heuning
• 10 ml brandewyn
• Koekmeelblom
• Groenslaai van jou keuse (slaaiblare, tamaties, avokadopeer, komkommer, rooi uie en wortelrepies)
• Heuning en mostertslaaisous werk goed saam

Metode:
• Sny hoenderfillet in repies en rol in koekmeelblom
• Verhit olie in pan - nie te hoë hitte nie
• Braai hoender tot ligbruin
• Strooi sesame saad oor
• Voeg heuning by en braai tot goudbruin
• Voeg brandewyn by en flambé
• Bedien saam met 'n tortilla wrap wat in kwarte gesny is