20
Mon, May

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Marco Steenkamp wil graag ‘n verskil in Klerksdorpers se lewe maak en sê ‘n warm hoenderkerrie is net die regte resep vir ‘n koue wintersdag. Hy hou van rys, vleis en aartappels op ‘n Sondagmiddag en sy ma se hoenderpotjie is ‘n gunsteling.

MARCO SE HOENDERKERRIE

Deur Marco Steenkamp

Bestanddele:
• 1kg hoenderborsies (opgesny)
• 1 ui
• 30 ml olie
• 2 knoffelhuisies
• 4 aartappels
• 1 hoenderekstrakblokkie
• 750 ml warmwater
• 2 lourierblare
• 60 ml kerrie
• 60 ml appelkooskonfyt
• 60ml asyn
• 60 ml suiker
• 30 ml borrie
• sout en peper na smaak

Metode:
• Sny jou ui in ringe en braai in olie tot glanserig.
• Braai nou jou fyngekapte knoffel saam met die ui. 
• Sit jou hoender by en braai die hoender bietjie bruin.
• Skil die aartappels en sny dit in kwarte. Sit dit by jou hoender in die pot in ‘n mengbak los jou hoenderekstrak in die warmwater op.
• Gooi nou al die res van die bestanddele in die mengbak by die hoenderekstrak en meng goed.
• Gooi dit oor die hoender in die pot en laat dit prut vir om en by 60 minute - dit behoort nou lekker gaar te wees.
• Om die kerriesous in jou pot te verdik. 
• Roer 10 ml maizina in 80 ml koue water tot dit n pasta vorm. 
• Roer dit deur jou kerriehoender en laat dit prut vir 10 minute.
• Bedien jou hoender met rys en ertjies. Die kleurkombinasie is mooi. 
• Ek geniet nog klein bietjie chutney by my hoender.