20
Mon, May

stew meat
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Agri-Pulse - Stellalander-Vryburg - Na die heerlike reën wat gedurende April regoor die Noordwes provinsie geval het, wil dit blyk of die winter nou finaal hier is.

Die wintersmaande is bekend vir sop, bredies en vele ander heerlike disse wat bietjie hitte bied.
Dié maand kook Agri-Pulse saam met Wilco du Toit (regs) en Wynand van Vreden.
Albei mans wys ons hoe om `n heerlike bees -en -skaappotjie te maak, met `n oondebakte soetbrood as bykos.
Om saam met dié twee inwoners van Vryburg te kook volg die skakel

Bees- en skaappotjie

Bestanddele
• 1L Water
• 1 Pakkie bruin uiesop-poeier
• Sap van 2 groot suurlemoene
• Sout en peper na smaak
• 10ml Kookolie
• 1,5kg Beesvleis
• 800g Skaapvleis
• 3 Uie
• 6 Aartappels
• 4 Eetlepels mayonnaise
• 3 Voorafgekookte heel groentmielies in helftes gebreek

Metode
• Gooi kookolie in vooraf verhittepot.
• Gooi uie in pot en braai tot goudbruin. Haal uit pot.
• Gooi nou die beesvleis en skaapvleis in die pot.
• Voeg die water by die vleis en sit die deksel op.
• Kook vir 20minute.
• Roer die vleis nou en dan om te voorkom dat dit aanbrand.
• Skil die aartappels, sny in halwes en sit in die pot.
• Gooi die mielies, wat vooraf gekook is, in die pot.
• Meng die pakkie soppoeier met kookwater sodat ‘n pasta vorm.
• Voeg die mayonnaise by die pasta.
• Maak seker al die klonte is uit die pasta geroer.
• Voeg nou ook by die vleis in die pot.
• Die suurlemoensap kan ook nou bygegooi word.
• Kook verder vir 10 minute.
• Gooi die uie ook in die pot en kook verder vir 20 minute.
• Haal van die vuur af en bedien saam met rys of stampmielies.

SOETBROOD

Benodighede
• 1 Koppie suiker
• 300ml Room
• 1 Pak vooraf voorbereide deeg
• 10ml Botter

Metode
• Voorverhit die oond tot 180 grade.
• Voer die bak, waarin die soetbrood gebak word, met botter uit.
• Gooi ‘n halwe koppie suiker in die bak.
• Maak seker dit klou aan die rande ook.
• Rol die deeg in bolletjies en sit in die bak.
• Gooi nou die room bo-oor die bolletjies en ook die res van die suiker in die koppie.
• Sit die bak in die oond. Bak tot goudbruin.
• Haal uit en bedien