20
Mon, May

Venison meat
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Ja, dis winter, dis jagtyd en die tyd van die jaar vir kampvuurkuiers, biltong, wildspastei, koedoe-steak oor 'n laatnagvuur, 'n wildspotjie of wat ook al in jou familie, vriendekring of jaggeselskap die manne van die bokke onderskei. In 'n splinternuwe, hoewel waarskynlik korterige reeks oor wildskos, wildsresepte, wildsvleisgeheime of sommer net eenvoudige bederfies skop ons vandeesweek af met Martiens de Jager (Jnr) en kollega - Willie van der Bergh van Hyper Slaghuis wat vir ons wys hoe om blouwildebees-steak (biefstuk) en 'n al te lekker wildspastei te maak. Ons kan seker begin met Stap 1: "Kry jou geweer" maar ons vertrou dat ervare jagters darem al by hierdie stap verby is. Dus begin ons soos gewoonlik in die kombuis...


Pan-gebraaide Blouwildebees-biefstuk:

Martien hou daarvan om gekrummelde wildsvleisbiefstuk sommer in 'n pan te braai. Vir hierdie doel gebruik hy olyfolie in 'n braaipan en doop sy snitte biefstruk in fyngeklopte eier voordat dit met krummels bedek word en in warm olie gebraai word. Braai tot mooi donkerbruin en dit is gereed om geniet te word.

Eenvoudige wildspastei:

2 kg wildsvleis in blokkies gesny (sonder been)
250 g varkvleis met spek aan (sonder been)
1 medium ui gekap
1 knoffelhuisie gekap
20 ml olyfolie
5 ml fyn naeltjies
50 g Beesstertsoppoeier (1pakkie)
Blaardeeg vir kors
Sout en peper na smaak

Metode:

Braai ui en knoffel tot bruin. Roer wildsvleis en varkvleis by en braai tot wildsvleis begin om bruin te word. Gooi water by en kook tot wildsvleis sag is. Laat afkoel en maak die vleis met 'n vurk fyn. Los sop op in 200 ml water en voeg by die vleismengsel terwyl dit weer verhit word. Roer tot dit weer begin kook. Plaas in 'n oop houer in yskas om af te koel. Verhit oond tot 180°C. Smeer 'n mediumgrootte pan met botter. Rol blaardeeg tot 4 cm dik uit. Lê 'n onderlaag blaardeeg in die pan en skep pasteivulsel tot gelyk in die pan. Klits nou 'n halfkoppie melk met 1 eier en smeer met 'n kwassie om die rand van die pan op die blaardeeg. Sit 'n bolaag korsdeeg bo-op sodat die hele pan bedek is. Druk met 'n vurk al om die kante sodat blaardeeg teen mekaar kan heg. Smeer die hele bolaag met die eiermengsel. Bak nou vir 25 min of tot gaar en mooi goudbruin en voila!