20
Mon, May

Antoinette Minnie van Klerksdorp hou van onthaal, reis en om nuwe plekke te ontdek. Sy eksperimenteer graag in die kombuis met nuwe disse en skerts dat jy nooit te veel souse in jou koskas kan hê nie. Sy ontspan op haar lekkerste in die natuur en manlief is mal oor haar wildspotjie.  Sy bedien dit met stampmielies of rys.

Read more …GEMSBOK SKENKELPOTJIE

By Café Zest in Schröderstraat in Upington  kan jy by ‘n tafel gaan aansit met ‘n wye verskeidenheid gourmetdisse wat selfs die kieskeurigste smulpaap sy lippe sal laat aflek.
Die chef en eienaar, Roelof van Vuuren, delf sy inspirasie van regoor die wêreld en op eie bodem. Roelof glo dat jou oog die feesmaal lank voor jou smaaksintuie moet  ervaar en geniet.
So is dit ook met vandag se Springbokfillet “Marsala”. Marsala wyn kry sy naam van die streek van herkoms Marsala, naby Sicilië. Om die sous eie aan Upington te maak, gebruik Roelof die Oranjerivier se eie ORC Rooi Jerepigo. Roelof het meer as 20 jaar se ervaring in die kosbedryf. Hy het as kind begin kosmaak. So 20 jaar terug het hy gehelp met die uitleg van ‘n restaurant in Santon, Smith & Wollensky. Hy het die kombuis help ontwerp en toe begin om met resepte te eksprimenteer.  En die res, is soos hulle sê, geskiedenis.  Toe hy moeg word vir Johannesburg, het hy Upington toe getrek. So drie jaar terug het hy Café Zest oopgemaak en Upingtonners is hom ewig dankbaar. Sy gaste geniet hierdie interessante restaurant met ‘n opelug- en onderdak gedeelte. Die ten volle gelisensieerde restaurant het kapasiteit vir sowat 70 gaste op ‘n slag, so bespreek maar jou plekkie om telleurstelling te voorkom.. So, as jy jou geliefde wil bederf... Of indien jy ‘n sake-ete ingedagte het...
Café Zest is by Winkel 1 (ORI gebou) langs North West Motorcompany in Schroderstraat. Roelof kan geskakel word by 045 332 1413.

Read more …SPRINGBOKFILLET MET ‘ZEST’
Page 2 of 2