26
Sun, Jan

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Soos koeksisters en malvapoeding is melktert ’n goeie voorbeeld van ‘n regte Suid-Afrikaanse nagereg wat reeds van die middeleeue af bekend is. Vanaf 2013 is 27 Februarie ‘n opwindende dag vir al die melktert-liefhebers. Die idée vir Nasionale Melktertdag het begin by die joernaliste van die Weg-tydskrif toe hulle besef melktert is die perfekte namiddag-soetigheid.
Op Weg! se webwerf verduidelik hulle dit wat gevolg het só: “Dié nuus was te goed om nie te verkondig nie, en die daaropvolgende jaar was vriende, lesers, radiostasies, Facebook-kennisse, koffiewinkelbase en sjefs oorgehaal om ook op 27 Februarie melktert te bak, te sny en saam met geliefdes te geniet. Omtrent oornag het iets wat as ’n hunkering na ’n soetigheidjie begin het, gegroei tot Nasionale Melktertdag.
Dit is duidelik dat almal in Suid-Afrika sal saamstem dat ‘n melktert ‘n lekker “ding” is, of dit nou met kaneelsuiker of met amandel gegeur is, en of dit met ’n eenvoudige broskors of ryker skilferkors warm uit die oond voorgesit word, melktert bly egte trooskos en is ’n heimwee-smaak van kindertyd en gesellige saamkuier-oomblikke. Hierdie week het die Rustenburg Herald-kookspan gaan kuier by “Flower Fun” met ’n tafel vol melktert-nageregte! Charlene Mostert & Mariesa van Heerden deel die heerlike resepte vir “melktert-pringles”, pannekoek-en-melktert-laagkoek en so ook n koffie-en-melktert-Don Pedro met ons! Gaan maak n draai by “Flower Fun” se koffiewinkel vir een van die heerlikste melktert-nageregte en nog vele meer. Hulle is geleë in winkel nr 18; Value Mart-winkelsentrum, Augrabieslaan no1, Rustenburg

Melktert:
90ml mielieblom
150ml suiker
6 koppies melk
6 eiers geskei
5ml vanielje-ekstrak

Metode:
Meng mielieblom, suiker en melk saam in een groot kastrol, klits tot gladde mengsel, plaas oor lae hitte en hou aan roer tot mengsel gaar is - sowat 5 tot 8 minute. Voeg eiergeel en vanielje-ekstrak by terwyl jy roer. Klits eierwitte tot sagte punte en vou by mengesel in. Laat afkoel.
Pannekoek:
4 eiers
4 koppies water
500g bruismeel
3ml sout
200ml olie

Meng alles saam tot geen klonte - reg om te gebruik! Laat alles afkoel en vul dan pannekoek tussen lae met melktertmengsel!

Melktert don pedro:
20ml Tant San se melktertjie!(Likeur)
2 eetlepels vanilla-roomys
150ml melk

Meng alles saam in ‘n menger vir sowat 7 min. Bedien in don pedro-glase.