08
Sun, Sep

Bread
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Surina Ackerman is ‘n graad R-juffrou en hoof van ‘n kleuterskool in Lichtenburg, maar om met net een ding besig te wees, is nie vir haar genoeg nie. Sy het dus begin om koekies te versier, wat spoedig van ‘n  tydverdryf na besigheid omskep het, toe haar bederfies menige partytjiegangers breed laat glimlag het.   Haar volgende uitdaging was om broodbak te bemeester, maar nie enige brood nie - suurdeegbrood.

Suurdeeg word gebruik in plaas van kitsgis om die brood te laat rys. Dit neem tyd en geduld, maar sodra daardie pragtige goudbruin-brood uit die oond kom, is al die wag die moeite werd.  Focaccia is ‘n plat brood wat jy kan geniet saam met braaivleis, sop of as ‘n voorgereg.  
Jy kan dit ook opkikker met songedroogde-tamaties, olywe of knoffel - die opsies is legio.
Begin deur jou eie suurdeeg te maak volgens riglyne op die skakel of koop een op aanlynwinkels soos takealot.com 

(How to Make a Sourdough Starter - Farmhouse on Boone)

Bestanddele
150g Suurdeeg 
400ml Louwarm water
500g Broodmeel
Olyfolie
Growwe sout
Vars roosmaryn en/of tiemie (opsioneel)

Metode
1. Meng suurdeeg en water goed saam totdat dit opgelos is.
2. Voeg die meel by en meng totdat dit goed gemeng is.
3. Laat rus vir 30 min op ’n warm plek.
4. Strooi die sout oor.
5. Met nat hande, strek en vou die deeg deur dit op te lig met jou hande van onder af en dit oor mekaar te vou. Doen dit totdat die deeg gemeng is. 
Dit word gedoen in plaas van knie om die deeg sterk te maak. Herhaal hierdie stap 3 - 4 keer in die bestek van 30min.
6. Los die deeg om te verdubbel in grootte, ongeveer ’n uur, afhangende van die temperatuur.
7. Gooi twee eetlepels olyfolie onder-in ’n 20x30cm oondpan en plaas die deeg daarin.
8. Maak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 18-24 uur om te fermenteer.
9. Haal uit die yskas ten minste ’n uur voordat jy dit wil bak om weer kamertemperatuur te bereik.
10. Voorverhit die oond tot 240°C.
11. Sprinkel olyfolie vrylik oor die deeg, sprei dit uit en druk holtes in die deeg met jou vingers.
12. Strooi growwe sout en/of roosmarynblare oor (knoffel, songedroogde tamaties en tiemie is ook ’n heerlike alternatief).
13. Bak focaccia vir 15 min, verminder dan die temperatuur na 210°C en bak vir ’n verdere 15min tot goudbruin.
14. Haal uit die oond en plaas brood versigtig op ’n draadrakkie om af te koel.
15.  Breek of sny soos verkies en geniet!