20
Mon, May

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Elsje Wilken is bekend as ‘n bakker van formaat in Klerksdorp en van haar gebak is by verskillende koffiewinkels en restaurante op die spyskaart. Sy bak onder die naam Delicious Delights en bak daagliks byna 20 koeke. Sy leef haar passie uit in bak en kosmaak. Hierdie kaaskoek is heerlik.

Framboos Kaaskoek

deur Elsje Wilken

Bestanddele:
• ¼ k suiker
• 3 roomkaas hourtjies
• 1 eierwit
• 1 k frambose
Koek:
• 1 1/2k meel
• 1/2t bakpoeier
• 1/2t koeksoda
• 1/4 sout
• 5.5 t ongesoute botter sag
• 1/2k suiker
• 1 eier en 1 eiergeel
• 3/4k suurroom
• 1t vanielje
"Streusel topping"
• 1/3k suiker
• 1/2k meel
• 3 eetlepel botter blokkies

Metode:
• Skakel die oond aan teen 180 °C.
• Smeer 'n 22cm losboompan en voer uit met bakpapier.
Vulsel:
• Meng roomkaas en suiker op medium spoed tot romerig.
• Voeg eierwit by en meng op lae spoed (plaas eenkant).
Koekmengsel:
• Meng meel, koeksoda en bakpoeier en sout saam (plaas eenkant).
• Room botter en suiker saam op lae spoed.
• Voeg eier en eiergeel en vanielje by.
• Voeg die meel en suurroom stadig by.
• Gooi koekmengsel in voorbereide pan en smeer die roomkaasvulsel bo-op.
• Plaas frambose bo-op. Meng meel, suiker en botter tot dit krummelrig is.
• Strooi oor die frambose.
• Bak 40 tot 45min. Plaas in yskas tot gestol. Verwyder die losboompan.