21
Thu, Nov

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Christene Botes is ‘n bobaasbakker in Klerksdorp. Sy het in die Karoor grootgeworden verbruikerstudies aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Haar goue bakwenk is om bakpapier in jou koekpanne te gebruik. Hierdie koek is heerlik dekadent.

deur Christene Botes

Bestanddele:
• 4 ekstra groot eiers

• Kwart koppie strooisuiker
• 100 g pistachioneute (fyngekap)
• 5 ml vamielje
• 500 ml koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 5 ml fyn kaneel
• Knypie sout
• Koppie appelsous
• Kwart kopppie avokado-olie
Versiersel

• 1 en 'n half plakke witsjokolade
• 100 ml natuurlike jogurt

Metode:

• Stel oond op 180°C
• Klits eiers en strooisuiker tot liggeel
• Roer die neute (hou bietjie uit vir versiersel) en vanielje by en meng goed.
• Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout.
• Meng appelsous en avokado-olie.
• Meng meelmengsel en appelmengsel by eiermengsel tot beslag vorm.
• Skep beslag in ringkoekpan met 26 cm deursnee wat met Spray and Cook gespuit is.
• Bak vir 45 minute. Nie langer nie want dan is die rand te droog
• Laat in die pan afkoel. Keer koek op afkoelrakkie uit en los eenkant tot afgekoel.

Versiersel 
• Breek sjokolade in blokkies en smelt in mikrogolf teen 70% krag of in dubbelkoker.
• Voeg jogurt by en roer tot goed gemeng.
• Skep versiersel bo-oor koek en laat teen kante afloop.
• Sprinkel oorblywende neute oor.