21
Thu, Nov

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Lee-Cindy Gygenaar oftewel Lee soos sy bekendstaan, is bekend as ‘n bakker in Klerksdorp. Sy het na skool vir die pret begin bak pret en sommer uitgedeel aan vriende, familie en kollegas. Haar gebak is baie gewild en sy sê sy maak ‘n koek of cupcake altyd iets besonders.

deur Lee-Cindy Gygenaar

Bestanddele:

• 2 1/2 koppies meel
• 2 tlp kakao
• 1tlp sout
• 1 1/2 koppies wit suiker
• 1 1/2 koppies olie
• 2 groot eiers
• 1/2 tlp rooi gel kleursel
• 1tlp vanielje
• 1 koppie karringmelk
• 1 1/2 tlp baksoda
• 2 tlp wit asyn

Metode:

• Klits suiker, eiers en olie tot lig en donserig.
• Voeg kleursel en vanielje by en meng goed.
• Sif al die droë bestanddele saam in 'n ander bak (sonder die baksoda).
• Voeg by eiermengsel in 3 dele, wissel dit af met die karringmelk.
• Begin en eindig met die droë bestanddele.
• Meng die baksoda en die wit asyn saam en voeg by mengsel. Meng deur.
• Skep in cupcake houertjies en bak vir 15 tot 17 min teen 180°C.
• Laat afkoel voor versiering.

Vir die versiering:
• 250g botter (wooden spoon)
• 500g versiersuiker (gesif)
• Sout
• Vanielje
• 1/2 koppie kookwater (nie alles word gebruik nie)

Metode:
• Klits botter, vanielje en sout tot sag en donserig.
• Voeg dan versiersuiker een koppie op 'n slag by, maak seker al die suiker is deurgemeng voor jy nog byvoeg.
• As dit te dik raak, gooi warm water eetlepel op 'n slag by.
• Dit maak 24 cupcakes.