20
Mon, May

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die meeste Suid-Afrikaners – trouens seker die meeste mense wêreldwyd – dink nog steeds aan ‘n wafel as ‘n lekker stroopsoet lekkerny (amper soos ‘n pannekoek) wat ‘n mens met ‘n verskeidenheid van soetgoed geniet. ‘n Mens dink aan roomys en/of room met goue stroop, heuning of allerlei gegeurde strope soos aarbei, piesang en ander. Vir mense met ietwat minder soettande, is daar opsies soos kaas, maalvleis, vrugte en selfs “lawwe” goed soos malvalekkers! La Fleur Wafels  – ‘n oulike wegsteekplekkie in Rustenburg wat die lekkerste wafels in die hele omgewing bedien, het as’t weer die wafel “ontdek” en bedien lekker stewige wafels met minder tradisionele vulsels soos aarbeie, piesang of bloubessies en dan ook gekerfde biltong, gerasperde kaas, Fetakaas en ja, selfs olywe soos een van ons voorbeelde hiernaas. In ‘n nog ‘n gewilde weergawe gebruik Michelle byvoorbeeld “bacon” en dié is nogal ‘n treffer! Ons het so kort voor die naweek by Michelle Elliades en Tarron Jones van La Fleur Wafels te 60A Boshoffstraat gaan inloer om te kyk hoe dié twee vir ons twee uitsoekwafels voorberei. 

Wafelbestanddele (beslag genoeg vir 5 wafels) 
1 ½ teelepel bakpoeier
1 koppie koekmeel
Knippie sout
3 teelepel suiker
1 koppie melk
2 eiers
Meng goed tot ‘n gladde “pasta” en bak.  

Gemengde vrugte – aarbeie en bloubessies. 
Vir hierdie weergawe het Michelle die aarbeie eers in ‘n bietjie water met een koppie suiker en ‘n titseltjie sout gekook. Laat dan lekker afkoel en plaas dan in yskas om goed koud te word voordat jy dit saam met bloubessies (ook koud) as ‘n “vulsel” vir jou wafels gebruik. Onthou – die wagwoord hier is lekker romerige roomys van goeie gehalte. 

Biltong en kaas
Vir Michelle se tweede weergawe is daar om verstaanbare redes meer belangstelling uit mansgeledere. Gebruik wafels wat pas gebak en nog warm is sodat die kaas maklik smelt. Pak eers ‘n lagie kaas, dan dun gekerfde biltong daarna ‘n bietjie Fetakaas en heel laaste ‘n paar stukkies gesnyde olywe. As jy soos baie ander mense nie te lief is vir olywe nie, kan jy dit uitlaat en dalk iets anders van jou keuse gebruik.

Vir ‘n tikkie inspirasie sal ons jou egter aanbeveel om gou eers by La Fleur Wafels in te loer sodat jy die grondbeginsels onder die knie kan kry of dalk sien jy nie kans vir die bakkery nie maar wil nogtans vir manlief of dierbaarse by die huis verras – dan is La Fleur Wafels loshande jou beste opsie. 
Jy kan ook telefonies bestel – skakel vir Michelle by 084 348 4471 of Tarron by 066 286 9051.