19
Thu, Sep

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die sêding loop mos dat alles wat lekker is, is óf sonde óf dit maak vet. Dié nagereg wat Noordwes Koerante se mediabestuurder, Christelle van Rooyen-Wessels dié week maak, is wel sondig lekker, maar dis nie heeltemal so sleg vir die heupe nie. Nog ‘n gawe pluspunt is dat dié tert nie jou sak gaan ruk nie. En, as jy hier en daar ‘n bestanddeel vervang, kan jy met dieselfde resep ‘n héél ander, ewe lekker, resultaat lewer.

Benodigdhede:

3 x pakkies Tropical Fruit jellie
500ml Dubbelroom ongegeurde jogurt
2 x pakkies Tennisbeskuitjies, gekrummel
1 x piesang
75ml Botter, gesmelt

1 x mango (opsioneel) in skyfies gesny
3 x koppies kookwater
Bolaag:
1 x pakkie Tropical Fruit jellie
1 x koppie kookwater

Metode:

Meng die beskuitjiekrummels met botter en druk as kors in ‘n tertbak.
In ‘n mengbak, los die jelliepoeier in kookwater op en laat effens afkoel. Sodra die jellie afgekoel het, roer die jogurt lepelsgewys by.
Druk die piesang fyn en meng by jogurtmengsel in.
Gooi versigtig in die voorbereide kors en laat stol.
Plaas die mangoskyfies bo-op.
Los die jellie vir die bolaag in kookwater op en laat ook effens afkoel. Gooi versigtig bo-oor.
Sit in yskas tot die bolaag gestol is en bedien met ekstra jogurt of, indien jy verkies roomys of room.