20
Mon, May

Cookies
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – RUSTENBURG – Omtrent al wat baie Suid-Afrikaners oor Jan Smuts- en Hertzogkoekies weet, is dat hulle min of meer dieselfde lyk en dat altwee baie, baie lekker is.

Party mense weet nie eers “wie is nou waffer nie” (soos die mense in Namibië graag sê). In hierdie uitgawe van Agri-Pulse verduidelik ons vir die lesers wat die verskil tussen die Smutsies- en Hertzoggies is en hoe albei gemaak word. Ons baasbakker is Marianna Paul, ‘n inwoner van Rustenburg in Noordwes wat familiebande in onder meer Kimberley en Upington het. (Marianna is die dogter van ouma Susanna Izaks, voorheen van Upington). Marianna sal ons verskoon as ons vir die lesers sê: Die verskil is dat ‘n Jan Smuts-koekie baie soos die bekende “jam tertjie” is terwyl die Hertzoggies ook ‘n bietjie klapper in die “kop” het…