20
Mon, May

Cookies
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Liena van der Merwe gee drama en skeppende kunste by Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp. Drama is in haar bloed en sy was regisseur en skrywer in Bloemfontein. Haar groot droom is om haar draaiboek te voltooi wat net wag om geskryf te word. Sy het ook onlangs ‘n kinderboek gepubliseer.  Haar ma het haar al haar kosmaakgeheime geleer.

ANYSBESKUIT

Deur Liena van der Merwe

Bestanddele:
• 2.5kg koekmeelblom
• Eetlepel sout
• 3 pakkies Pers droë gis
• 1 teelepel suiker
• Eetlepel anys
• 3 eiers geklits
• 2 koppies suiker
• Blikkie kondensmelk
• 125 gram margarien
• 900 ml kookwater

Metode:
• Maak eerstens die droë gis en teelepel suiker aan met 125ml warm water in 'n groot bak.
• Voeg die eier, margarien en kondensmelkmengsel by die gis.
• Sif 4-6 koppies van die koekmeel by.
• Voeg die anys by. Meng tot glad.
• Plaas die houer in 'n plastieksak of met deksel in 'n lou plek.
• Laat 'n halfuur rys tot blase vorm.
• Voeg die mengsel by die res van die meelblom en soutmengsel.
• Knie tot sagte deeg vorm. Maak toe om te rys.
• Smeer twee groot broodpanne, of spuit met Spray and Cook.
• Maak bolle en pak styf in die panne.
• Maak toe met 'n sak en laat rys tot beskuit bo in panne gerys het.
• Smeer eierwit of melk bo-oor.
• Bak in matige oond (160 °C) vir 'n uur.
• Dis is heerlik net so, of droog oornag uit in die oond.