20
Mon, May

Cookies
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Anneline van Huyssteen is ‘n bakker vir wie jy gerus maar die kuns kan afvra. Wat bak sy? Wel, koekies wat gewis amper te mooi is te eet, of nee, nie amper nie – dit is só mooi dat mense dit dikwels eenkant sit om te hou. Kyk gerus na die artikel en volg sommer ook ons video op die webtuiste - die skakel is onder geplaas sodat jy sonder sukkel by dit kan kom.
Die kort en lank van Anneline se bakkuns is om fyn koekies te bak wat sy “Custom royal icing cookies” noem. Dit doen sy onder die vaandel van Cookies & Stuff wat sy uiteraard vanuit haar kombuis bedryf.
Sy bak die koekies soos ‘n mens min of meer gewone koekies bak, maar dan word dit op ‘n eiesoortige en uiters kreatiewe manier versier om niks anders as heerlike kunswerkies te word nie.
Ja, dit is vir die publiek beskikbaar en is ongelukkig nie regtig die “sweet cakes” waarvan die Engelse praat nie – maar dit is bekostigbaar vir iemand wat iets baie spesiaals wil hê.
Onthou – die kuns lê in die versiering – geniet dit!

Bestanddele:
2 ¼ k Meel (All purpose)
½ t Bakpoeier
¼ t Sout
¾ k Botter
¾ k Suiker
2 x Eiers
1 x Vanilla Ekstrak

Metode:
Gooi die meel, bakpoeier en sout in ‘n bak en meng goed. Klits die botter en suiker tot dit goed gemeng is, voeg eiers en Vanilla in die botter/suiker-mengsel en klits tot dit romerig vertoon. Voeg dan die droë bestanddele wat eerste voorberei is, by mengsel en roer, klits en vou tot die deeg gevorm is.
Voorverhit die oond teen 180°C. Gooi bietjie meel op die werksblad, rol die deeg daarop uit en druk gewenste vorms uit met koekiedrukker. Plaas die koekies op ‘n oondpan en bak die koekies vir tussen 7-9 min, sodra die kante van die koekies ligbruin word is die koekies reg. Laat die koekies eers afkoel voor dit van die oondpan afgehaal word.”
Om te versier:
Maak die basis-versiersuiker aan. Jy gaan ‘n loperige beslag (versiersuiker) nodig hê vir die basis (agtergrond) van die koekie en ‘n stywer beslag vir die details. Verdeel, verkleur en sit elke kleur in aparte versiersakkies. Kleure van die viersiersuiker hang van die ontwerp van die koekies af, maar meestal speel jou verbeelding (of styl) die belangrikste rol.
Wanneer dit gereed is, sny die gewenste grootte “gaatjie aan puntjie (hoekie van klein sakkie) sodat jy maklik met jou hand kan versier. Met ‘n meer loperige beslag, versier die basis van die ontwerp op die koekie en laat dit droog word voor jy ‘n ander kleur daarop sit. Ons noem dit “flood”. Laat die koekies vir minstens 3 ure staan om mooi droog te word. Wanneer die kleure op die koekie droog is, kan jy met ‘n stywer “icing” die details begin. Laat staan die koekies vir minstens 4 ure om seker te maak die basis en details van die koekies is heeltemal gestol en droog voor verpakking. Lekker bak en brou!! Skakel Anneline van Cookis & Stuff by 076 463 7208 as jy nog wil weet of ongetwyfeld die kunstigste, heerlikste koekies in die dorp wil bestel!