22
Fri, Nov

Pastries
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Jenny de Swardt is ‘n onderwyser. Hierdie spinasietert is ‘n wenner as ‘n groentegereg en sy bedien dit gereeld. Met baie kaas.

deur Jenny de Swardt

Bestanddele
• Blaardeeg
• 1 houer suurroom
• Bruin uie soppoeier
• Spinasie
• 1 ui (gekap)
• 1 houer maaskaas
• 3 eiers
• Kaas (soveel as wat jy van hou)

Metode:
• Vul 'n glasbak met die blaardeeg.
• Meng die suurroom en die soppoeier saam en laat staan.
• Kook spinasie, maak fyn en gooi die water af.
• Braai die uie en gooi by die spinasie.
• Gooi die groentemengsel by die suurroom, voeg die maaskaas en eier by en roer alles deurmekaar.
• Gooi in die bak en strooi die kaas bo-oor.
• Bak vir 45 minute teen 180 °C.
• Laat afkoel en bedien met 'n slaai of net so.
* Spek, sampioene en peppadews is opsionele bestanddele.