20
Mon, May

Alcoholic Beverages
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Vandeeweek ietsie vir die mense wat reeds “alles” het en wie se kaste vol heerlike verrassings en bederfies vir die komende luilekker-kersreses volgepak staan. Vandeesweek stel ons seker die meeste van ons lesers bekend aan “Rumtopf” – ter verduideliking het ons Wikipedia geraadpleeg vir ‘n verduideliking:
“Rumtopf (Danish: Romkrukke), which literally means rum pot, is a German and Danish dessert, traditionally eaten around Christmas.[1] Once a popular traditional dessert, Rumtopf had fallen out of fashion by 2004.[2] Rumtopf is one of the dishes popularised by the German television cook Clemens Wilmenrod.

A mixture of various kinds of fruit, high-strength rum, often Stroh, and sugar is filled into a large stoneware pot (the eponymous rum pot) and matured for several months until the fruit is very soft and completely saturated with rum. Suitable fruit includes berries, cherries, plums and apricots. Not all fruits are appropriate for Rumtopf, and the overproof rum should be of only 100-110 proof (50-55% alcohol by volume), which is not commonly available at retail in all regions.” 
‘n Mens begin om jou Rumtopf in die begin van die somer te maak soos die somervrugte begin ryp word. Rumtopf moet verkieslik ‘n maand of twee voor gebruik gemaak word en dit is nou die tyd om te begin as jy dit teen die einde van die komende vakansie (of later) wil geniet. Vrugte wat hiervoor geskik is, is perskes, pere, druiwe, appelkose, kiwivrug en alle bessies soos kersies, bloubessies, aarbeie en appelliefies. Vrugte wat geneig is om pap te word soos piesangs, moet liefs vermy word. Alle vrugte moet vars en nie oorryp wees nie. Pitte word verwyder so kry verkieslik druiwe sonder pitte. Jou vrugte moet dun geskil en in groot blokkies of skyfies gesny word.
Pak ‘n lagie van een soort vrug en bedek met ‘n lagie suiker – nie te min nie! Daarna moet volsterkte Rum oorgegooi word wat vrugte en suiker bedek. Daarna plaas jy weer ‘n volgende lagie (op ‘n ander dag?) vrugte en dan die suiker en Rum. Die Rum sal verseker dat die vrugte nie bederf nie. Verpak in glasbottels of gebakte kleipotte met deksels. As jou flessie of potjie nie ‘n deksel het nie, maak jy dit eenvoudig toe met kleefplastiek of soortgelyk.
Rumtopf is heerlik saam met roomys, koek, joghurt of oor ‘n poeding. Pasop egter dat dit nie happie-vir-happie uit die yskas verdwyn nie. (Rustenburg Herald bedank Alma Sluiter vir haar hulp met die maak van ons Rumtopf).