20
Mon, May

Salads
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Agri-Pulse-Vryburg – Goeie kos het meer waarde wanneer dit saam met goeie geselskap geniet word. Dié maand het Agri-Pulse geselligheid as hoofdis op die spyskaart, gevolg deur `n heerlike Beesvleis Wellington met Pampoentert en Broccoli slaai, iets verfrissend vir die keel en `n vinnige, maar heerlike nagereg.

`n Vriendekring van Vryburg het ons onlangs ingenooi en gewys hoe so `n maaltyd gehoorlik voorgesit en geniet moet word.
Sammy van den Berg oudleerder van Oranje Meisies in Bloemfontein, met behulp van Tarryn Loock, oudleerder van die Hoërskool Vryburg, berei `n Beesvleis Wellington met `n Rooiwynsous voor.  `n Happie Pampoentert vergesel dié dis.  Om die bord meer kleur te gee, het Marica Hough, oudleerder van `n Hoërskool in Jan Kempdorp, `n heerlike Broccoli slaai bedien. Tarryn weer met behulp van Sammy maak `n verfrissende drinkie genaamd ‘Blush’ gevolg deur Wessel van Wyk, oudleerder van die Hoërskool Lichtenburg, en Hendriette Fincham, oudleerder van die Hoërskool Stella, met sjokolade, roomys en Amarula

Broccoli slaai

Benodigdhede:
*Twee pakke groen Broccoli
*Twee rooi uie
*150g Cheddarkaas
*250g spek stukkies
*Sout en peper
*Een teelepel Mosterdpoeier
*Een Bottel Mayonnaise
*Halwe blik kondensmelk

Metode:
Stoom Broccoli met bietjie sout in mikrogolfoond.
Braai spekstukkies tot bros.
Sny kaas in blokkies.  
Sny uie ook in blokkies.
Meng Mayonnaise saam met kondensmelk in `n bekker en voeg bo-oor die res van die bestanddele.
Meng goed deur en plaas in yskas om af te koel.