22
Sun, Dec

Vegetables
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AgriPulse-Tosca - Met die Paasnaweek wat agter die rug is en die rits vakansie dae wat nog voorlê is vingerhappies die ideale dis om vir jou gaste voor te sit.Die maand wys Casper Kriel (22) vir lesers hoe om die perfekte gekrummelde sampioene te maak. Casper wat in die Molopo groot geword het, hou homself deesdae haarstilis in Potchefstroom en geniet die kombuis in sy vrye tyd.Hy het sy passie vir kosmaak ontdek op `n 8-jarigeouderdom en vind dit as die mees terapeutiese ding om te doen. Omdat hy in `n klein dorpie groot geword het, vertel Casper moes hy leer om klaar te kom met wat in die huis is. Dus beskryf hy sy kookstyl as maklik, vinnig, goedkoop en lekker. “Ek wil graag ander mense inspireer om hul eie twis by resepte te voeg sodat hul dit ook ten volle kan geniet,” sluit hy af.Gaan kyk gerus na die wat Casper gemaak het by http://bit.ly/sampioene.

Benodighede:
2 eiers
Speserye van jou keuse
1k koekmeel
1k broodkrummels
1 pakkie wit knopies sampioene
Olie vir diepbraai

Metode
Klits eiers en speserye saam.
Plaas meel en broodkrummels in aparte bakke.
Spoel die sampioene af in water voeg in meel en bedek mooi.
Plaas sampioene dan in eier.
Bedek en plaas in broodkrummels, laat rus en verhit solank die olie.
Diep braai tot goud bruin vir drie tot vier minute.
Dreineer op kombuispapier, geur met speserye en bedien met doopsous van jou keuse.