20
Mon, May

Thick and/or Creamy Soups
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Nellie de la Rey is bekend as ‘n voorslag gasvrou in Klerksdorp. Etes by haar huis is legendaries en terwyl sy hou van tradisionele kookkos sal sy gereeld nuwe resepte op die proef stel. Sy bedien graag die sop as voorgereg by ‘n ete met ‘n skilferkors-deeg deksel.

Deur Nellie de la Rey

Kerrieroomsop met sampioene

Bestanddele:
• 1 pak knopie sampioene
• Egte botter vir braai
• 1 ui, opgekap

• Kerriepoeier, na smaak
• Gedroogde rissiepoeier, na smaak
• Vars pietersielie
• Sout en peper na smaak
• Ina Paarman se creamy curry sous
• 2 blikkies romerige sampioensop
• 250 ml room
• 1 pak blaardeeg (opsioneel)

Metode:
• Braai die sampioene in botter tot 
   bruin en sag. 
• Haal uit en braai uie in dieselfde pot tot sag en deurskynend. 
• Gooi Kerrie en rissiepoeier by, vars gekapte pietersielie, sout en peper en 
   die Ina Paarman sous.  
• Gooi die res van die bestanddele by en prut so 10 minute.
• Gooi die sop in 'n versapper en pols tot fyn. 
• Voeg gebraaide sampioene by en skep in opdienbakkies.
• Proe deurentyd en as iets kort, voeg knoffel of rissiepoeier by vir 'n lekker byt.

Opsioneel: 
Vir 'n deftige ete bedien ek graag die sop as voorgereg. Rol deeg uit en 
druk vorm uit so groot soos die opdienbakkie. Skep sop in die bakkie en sit 
die rou deeg bo-op. Bak in oond tot goudkleurig en bros. Dien op.