10
Fri, Jan

Ethnic
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AgriPulse-Vryburg – Met die heerlike reën wat verlede week in die omgewing geval het, is die koue winter nou behoorlik op ons.

Alhoewel winter kenmerkend is vir sy heerlike warm bredies en geurige kookkos, is mens mos nou ekstra lus vir aanhoudend peusel. Die 22-jaarige inwoner van Vryburg, Franco King, wys lesers die maand hoe om vinnig en goedkoop geurige Natchos voor te berei. “As kind was kosmaak in ons huishouding altyd ons spesiale familie tyd. Wanneer my ma by die huis gestop het na werk het almal gewoonlik begin help om die kos voor te berei. Elkeen het sy eie “werkie” gekry wat veroorsaak het dat voor jy jou oë uitvee was die kos klaar en kon ons verder gesels oor die dag en wat alles gebeur het,” het hy vertel. Volgens Franko kan die resep aangepas word afhangende van die gaste / huishouding se smaak. Volg die skakel http://bit.ly/nachoskook en sien hoe die dis voorberei word.

Resep:

* Een blik tamatie en uie smoor
* Een blik chakalaka smoor (afhangende van smaak, kan jy self besluit hoe warm die dis moet wees).
* 'n Houer tamatie puree
* Enige geur Doritos skyfies
* 'n Blok Goudakaas
* `n Blok Mozzarellakaas
* Een ui
* `n Pakkie maalvleis of hoender repies

Metode:

Kap die ui fyn en braai tot goud bruin.
Voeg die maalvleis of hoender repies by en kook tot gaar.
Voeg dan die tamatie uie smoor, chakalaka smoor en tamatie puree by.
Kook vir nog tien minute.
Pak die skyfies in `n bord en skep dan die sous mengsels bo op.
Rasper die Gouda -en -Mozzarellakaas en meng saam.
Strooi dit bo oor.
Herhaal nou die laag sodat daar ongeveer drie lae is.
Sit in die mikrogolfoond tot kaas gesmelt  en bedien.

Vir diegene wat Guacamole saam met hul Nachos geniet:

*Skil twee ryp avokado's
*Gebruik die sap van een groot lemmetjie
*Verwyder die sade uit een brandrissie en kap fyn,
*Skil en rasper `n halwe knoffelhuisie.
*Knippie komyn (opsioneel)
*Verwyder sade en kap een groot ryp tamatie fyn
*Twee fyngekapte spietuie
*Sout en varsgemaalde swartpeper
Meng alles saam
 Die dis kan ook voorgesit word met:
*Suurroom
*`n Handvol gekapte vars koljanderblare