20
Mon, May

Pasta
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die vakansie is verbei en dit is tyd om die nuwe jaar te begin. ‘n Nuwe jaar vol uitdagings en ook geleenthede. Veral wanneer dit kom by besonderse kos maak en uit die boks dink. 
Soos byvoorbeeld om hoender en spek te meng saam met pasta om ‘n heerlike vinnige gereg vir die hele gesin te maak.
Stella en Chris van Rhyn van die Rustenburg Herald het hierdie week presies hierdie gereg vir die Herald voorbery – ‘n smaaklike ete om die jaar van 2018 af te skop. 
Hierdie resep is ‘n wenner veral wanneer hy vir ‘n paar uur of selfs oornag in die yskas gestaan het. 
En, gegewe die hitte, kan ons almal doen met ‘n bietjie kouer kos! 

Spek en Hoender Pastagereg

Bestanddele:

2 uie, gekap
1 pakkie rooi-, geel- en groen-soetrissie, gekap
250g sampioene, opgesny
500g spek, gesnipper
500g hoenderborsies, speserye van eie keuse op
500g pasta (van eie keuse)
125ml ertjies, gaar
125ml mielies, gaar

Sous

Ongeveer 300ml mayonnaise
125ml blatjang
80ml heuning
10ml matige kerriepoeier
10ml droë of vars pietersielie
50ml suurlemoensap/asyn
25ml droë mostertpoeier
25ml suiker
Sout en peper na smaak 

Metode

Rooster hoenderborsies tot gaar en sny in repies. Roerbraai die uie, soetrissie, sampioene tot sag en gaar. Roerbraai die spek tot bros en kook die pasta tot gaar en dreineer. 
Laat pasta effe afkoel. Meng al die bestanddele van die sous bymekaar en voeg dit saam met die pasta en die res van die bestanddele in ‘n groot bak. 
Meng goed en geniet. Die hoenderborsies kan ook met steak of fillet repies vervang word.