24
Fri, Jan

Platters
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - UPINGTON - ‘n Nuwe hotel, Upington Inn het einde September sy deure op Upington in die Noord-Kaap geopen.
Die hotel is deel van die Country Hotel-groep en is geleë in Tiptolstraat, Keidebees, waar die ou Naba Lodge eers was. Upington, wat aan die oewer van die Oranjerivier geleë is, is die grootste sentrum in die streek en die perfekte basis vir sake- en vakansiegangers. Gewilde besienswaardighede sluit die skilderagtige Augrabieswaterval, Kgalagadi  Oorgrenspark, Namibië, die Richtersveld Nasionale Park en die Weskus van Suid-Afrika in.
Na verskeie aanbouiings en opgraderings spog die hotel nou met 38 nuut opgeknapte kamers en ‘n volledige reeks geriewe om ‘n gemaklike verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers te verseker.
Geniet stedelike gemak in landelike prag.
Die hotel bied ook goeie konferensie fasiliteite wat tot 200 konferensiegangers kan hanteer, asook ‘n raadsaal vir 30 persone. Die Country Hotel is ook ingerig om troues vir tot 120 gaste aan te bied en die pragtige tuine leen dit ook vir buitelugtroues. Die Upington Inn se 38 kamers bestaan uit dubbel-, enkel-, semi-selfsorg- en gesinskamers. Elke kamer het ‘n en suite-badkamer met lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe.  Daar is ook ‘n werktafel en stoel, ‘n platskerm-TV en ‘n verskeidenheid DSTV-kanale om van te kies. Linne van hoë gehalte, insluitend handdoeke, word voorsien. Daar is ‘n groot restaurant wat drie etes per dag bedien. Volgens William is dit hul missie om plaaslik te ondersteun.  Food Lovers Market en Wickens Vleismark is twee van die plaaslike verskaffers. Verskeie funksies kan om die swembad en in die groot tuin gereël word, afhangende van die kliënt se behoefte.  Daar is ‘n lekker kuierstoep wat oor die swembad uitkyk, asook ‘n kuier-area waar spitbraaie gehou kan word. Die hotel is ook rolstoelvriendelik. Upington Inn  bied ook gratis WiFi, DStv, 24-uur-ontvangs, lugversorging, restaurant en kroeg.  Die hotel is ook dierevriendelik en het twee honde aangeneem van die plaaslike AWS. Vir meer inligting kan die algemene bestuurder, William Horner geskakel wrod by 054 338 0444 of e-pos na  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

• Kakamas Hotel
• Postmasburg Inn
• Clanwilliam Hotel
• Calvinia Hotel
• Kathu Inn
• Springbok Inn
• Orange River Rafting Lodge
• Namastat Lodge
• Tankwa Lodge
• Kuruman Inn
• Kuruman Hotel
• Pofadder Inn

Peri peri lewers:

Peri peri lewers
15ml olie
80g rooi ui
40g knoffel
30 g rooipeper brandrissie
40ml room
80ml peri peri sous
250g hoenderlewers

Metode:
1-braai ui, brandrissie en knoffel tot ui deurskynend word
2-voeg lewer by en braai tot hulle grys word
3-voeg room by en bring tot prut
4-voeg laastens peri peri by en kook tot sous word verdik en egalig van kleur
5-geniet

Hoendertjop:

Hoendertjop
1 hoendertjop (gegeur met sout en speserye)
15 ml olie

Metode:
1-Verhit olie in pan
2-Voeg gekruide tjop by
3-Braai tot goudbruin voor jy na ander kant draai
4-Sodra dit gaar is, laat rus voor opdiening

Knoffel baguette:

Knoffel baguette
40ml botter
30 gekapte kruie
10g knoffel fyngedruk
5g sout
1 Baguette


Metode:
1 sny baguette in gepaste grootte
2-smeer voorafgemaakte knoffelbotter
3-rooster tot botter gesmelt het
4- geniet

Hoenderrepies:
1 hoenderborsie
1 eier
50ml melk
5ml Sout
5ml peper
5 ml tabasco
5ml Worcestersous


Metode
1-vlinder hoenderborsie en sny in verlangde groottes
2- geur hoender met tobasco en Worcestersous asook sout
3-doop in meel dan eier en melk mengsel - doop daarna in broodkrummels
4-braai in olie by 160 grade vir 5 min of tot die hoender tot bo-op olie lig
5- dreineer op papierhanddoek om van toegangsolie ontslae te raak