21
Thu, Nov

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Lizelle Swart van Klerksdorp sê hierdie biltongtert is die perfekte gereg om aanmekaar te slaan as jy iemand se hart wil wen. Dit is heerlik en beindruk dadelik jou gaste - al is jy nie eintlik ‘n bobaaskok nie.

Net die regte tert vir 'n lekker winterkuier.

Bestanddele:
• 1 rol Puff pastry
• 160g klam biltong
• 1 koppie gerasperde kaas
• 250ml room
• 2 ekstra groot eiers (of 3 groot eiers)

Metode:
• Verhit oond tot 180oC.
• Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Laat sak dit in die bak (spuit met spray & cook). Moenie die deeg rek nie (dit krimp terug in die bak). Maak die randte van die bak netjies.
• Strooi die biltong op die bak se bodem.
• Strooi kaas bo-oor.
• Klits room en eiers saam. Gooi mengsel oor biltong en kaas.
• Bak in oond vir 35-40 minute. Haal uit en laat afkoel.
• Dien dit louwarm op saam met ‘n groenslaai.

Jy kan dit die aand voor die tyd maak. Plaas net ‘n rukkie voor opdien in die oond, by 100oC.