10
Fri, Jan

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Rustenburg Herald se kookspan het onlangs by die Viljoen-familie op Olifantsnek ingeloer waar Joe en Mariëtte se twee pragtige dogters (Nia en Jenni) onderskeidelik vir ons ‘n geurige hoendergereg en ‘n fantastiese heuningkoek voorgesit het.
By sommige mense kuier ‘n mens net eenvoudig lekkerder en dit is bemoedigend om in vandag se onsekere en moeilike tye ‘n spontane, vriendelike en dolgelukkige gesin te sien.
Ons kuiertjie was bestem vir die volgende aflewering in ons reeks “Raak die ‘klits’ kwyt” en ons het behoorlik baljaar tussen al die heerlike eetgoed.
Vandeesweek val ons weg met Nia se maklike maar heerlike hoendergereg wat sommer in ‘n japtrap afgerond word.
Nia het dit só gedoen:

Bestanddele:

8 hoenderborsies
700 ml tamatiesous (verkieslik All Gold)
62 ml kerriepoeier
25 ml Oreganum
5 ml paprika
5 ml Portugese hoenderspeserye
5 ml sout en peper gemeng
2 vars tamaties
Sesamesaad

Metode:

Sny hoenderborsies in blokkies. Meng die volgende bestanddele saam vir sous: Tamatiesous, kerrie, oreganum, sout & peper, paprika en Portugese hoenderspeserye. Sny tamaties in klein blokkies, voeg by die sous en meng deeglik. Meng hoenderborsies en sous saam in ‘n dikboomkastrol. Roer die mengsel kort-kort tot gaar (± 10 minute). Strooi sesamesaad bo-oor en bedien op pasta of rys of wat jy ook al verkies.