03
Fri, Jan

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Jakkie Hees is ‘n bemarker by Klerksdorp Rekord en as sy saans by die huiskom is sy nie lus vir kos met fieterjasies nie. As sy wel die dag lus het om kos te maak, trek sy haar resepteboeke nader. Hierdie bunny chow is net die regte gereg vir ‘n Vrydagaand.

Deur Jakkie Hees

Genoeg vir 4
Bunny Chow:
• gekoopte brooddeeg
• botter (as smeermiddel)
• 4 Staal koppies
Hoender-kerrie:
• 1 Groot pak hoenderborsies
• 1 rooi ui (in blokkies)
• 1 wit ui (in blokkies)
• 4 tamaties
• 2 eetlepels knoffel en gemmermengsel (te koop by supermarkte)
• pietersielie
• 2 eetlepels hoender masala speserye
• 1 eetlepel borrie
• 1 eetlepel medium kerriepoeier
• 1 koppie water
• halwe koppie olie
• sout, peper en gemenge speserye
• halwe koppie room of volroom melk
• 1 eetlepel meelblom
• 2 eetlepels perskekonfyt/appelkooskonfyt
Metode:
• Verhit jou oond tot 180°c.
• Rol jou deeg uit en botter die koppies se agterkante (sodat koppies onderstebo, op 'n bakplaat kan staan).
• Rol die deeg uit bo-oor die koppies en bak vir 10-12min (of tot goudbruin).
• In 'n kastrol, op medium hitte - gooi die olie in en braai die uie, pietersielie, knoffel- en gemmermengsel, borrie, kerriepoeier en hoender masala-mengsel.
• Braai tot dit gaar is. Rasper dan die tamaties in en roer aanhoudend. 
• Gooi die water by en draai die hitte effens op.
• Sny jou hoender in repies, besprinkel met baie sout, peper en gemengde speserye.
• Gooi die hoender in, laat dit in die kerrie-mengsel kook en voeg die konfyt by. 
• Roer aanhoudend.
• As die kos gaar is, vat 'n koppie met die room en die mielieblom en plaas dit vir 2 minute in die mikrogolf. Roer elke minuut.
• Gooi by die mengsel, roer goed deur, draai die hitte laer.
• Roer tot dit dikker is en bedien in die brood nessies/bunny chow.