Agri-Pulse-Vryburg – Ons kuier die maand by `n ma van twee dogtertjies, Willa Moolgie. Sy gee ons `n kykie in haar kombuis en deel een van haar en haar gesin se hartsresepte.
Willistene, oorspronklik van Jeffreysbaai, bly vir die afgelope vyf jaar saam met haar man, Jody Moolgie in Vryburg en leef haar passie uit as `n opvoeder by die Floradine Primêre skool.Sy vertel dat sy van kook hou omdat dit vir haar `n plesier is wanneer sy die kos voorsit en mense geniet dit. “Dit is ook vir my lekker om bietjie met my kreatiwiteit te kan eksperimenteer. Dit help my ontspan en om te vergeet van werk en die druk van die aller daagse lewe. “Hong Kong Chicken”, soos dit bekend is in haar huishouding of meer bekend as Coke hoeder word voorgesit met rys. Sy het die resep by haar tannie wat nou reeds 81-jaaroud is en aan Elzheimers ly, geleer. “Ongelukkig kan sy nie meer al die lekker disse en resepte onthou wat sy altyd kon maak nie, daarom is ek dankbaar dat ek iets van haar kon leer,” vertel Willa. Haar raad aan ander kos liefhebbers is om dit wat hulle doen te geniet en met oorgawe te doen vir die mense vir wie hulle lief is. Kyk na die skakel ............... om te sien hoe die dis voorberei word.
HOENDER
Bestanddele:
Kwart koppie suiker
2 teelepels sout
Halwe koppie Worcestersous
8 Hoeder stukke
500ml Coke Cola
Metode:
Vul die bodem van `n pot met die suiker. Nie te veel nie aangesien die hoender nie te soet moet proe nie.
Braai tot goudbruin.
Gooi sout oor die hoeder en plaas dit dan in die pot by die suiker.
Gooi dadelik die worcestersous oor.
Dit word na smaak bygevoeg en hang ook af hoe donker van kleur die hoeder moet wees.
Gooi daarna dadelik die Coke Cola by.
Dit moet omtrent die helfte van die hoeder bedek.
Laat kook op mediumhitte totdat die hoender `n donkerder kleur aanneem en taai begin raak.
Gaan kyk nou gereeld na die hoender en draai dit om.
Wanneer dit donker genoeg is, behoort dit gaar te wees.
RYS.
Bestanddele:
2 koppies rys
1 teelepel Borrie
1teelepel sout
Gemengde groete (na smaak)
Sampioene (na smaak)
Een ui
20 ml olie
Rys speserye
Metode:
Kook die rys eenkant in die borrie.
Braai die ui en sampioene in `n aparte pan tot goudbruin.
Gooi die gemengde groente, asook bietjie rys speserye by en meng goed.
Gooi nog speserye by terwyl dit op `n lae hitte prut.
Voeg die rys saam met die groente mengsel en meng goed deur.
Skep dan saam met hoender op.