21
Thu, Nov

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AgriPulse-Vryburg – “Ons almal wil graag in oorgawe smul aan die heerlike disse wat vir ons voorgesit word.

Kerrie is ideaal vir die winter, maar dit beteken nie omdat dit `n bestanddeel in jou gereg is dat dit nie vir die hele familie voorsit kan word nie.”
Dit is volgens plaaslike prokureur Hendriëtte van Huyssteen by wie AgriPulse die maand gaan kuier het.
Die gesiene jongvrou en ook oudleerder van die Hoërskool Vryburg vertel dat sy haar liefde vir mense en kosmaak by haar ma geërf het.
“Ek onthou nog die uitlek van die kolwyntjiebak en witsouspot. My kombuis is die van lekker lag, kuier, familie en omgee. Ek glo ook dit is baie moeilik om ‘slegte’ kos te maak, want as jy iets met passie en oorvloed doen, sal dit suksesvol wees.”  
Sy vertel ook dat daar altyd oorskiet kos in haar huis is sodat niemand ooit nodig het om uit haar kombuis te loop met `n leë maag nie.

Gaan kyk gerus na die skakel http://bit.ly/kerriehoender om te sien hoe Hendriëtte kook.

Rys
• Bring 2,5L en twee teelepels water tot kookpunt.
• Gooi twee koppies Basmati rys by.
• Kook vir 12 minute, gooi oortollige water af en bedien.

Kerriehoender
• Verhit braaipan vooraf.
• Voeg 15 ml olyfolie in braaipan.
• Sny 1 groot ui in blokkies en braai tot
bruin.
• Voeg 1 teelepel knoffel en 1 eetlepel vars
gekapte gemmer by en braai verder.
• Sny 1 kg hoenderborsies in blokkies en
voeg by.
• Braai tot dit `n bruinerige skynsel kry.
• Voeg dan 1 teelepel fyn swart peper en 1
teelepel sout by die hoender.
• Die een houer 250ml roomkaas kan nou by die
hoender gevoeg word.
• Sodra dit gelydelik gesmelt het en saam met die
hoender deurgeroer is, kan die twee houers 200ml
room, saam met een eetlepel vars gekapte
pietersielie en agt kerrie blare bygevoeg word.
• Roer goed deur, maak die pan toe en laat prut vir
sowat 15 minute.
• Roer gereeld gedurende die 15minute om te
voorkom dat dit aanbrand.
• Bedien saam met rys.