21
Thu, Nov

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Hanré du Toit hou van eksperimenteer met kos en het as student in Potchefstroom veral sy ma se Thai groen kerrie op reënerige dae gemis. Sy ma het hom leer kosmaak sodat hy nie net van mikrogolf noodles en soppakkies in sy studentedae leef nie. Hy hou van Meditereense smake en geure in sy kos.

deur Hanré du Toit

Sesame Hoender
• 1kg hoenderborsies opgesny in repies
• ½ Pynappel in klein blokkies gesny
• 1 Eetlepel heuning
• 2 Eetlepels Soyasous
• 1 koppie sampioene
• 1 eetlepel knoffel
• Paprika, Sout en peper na 
   smaak
• 1 Hoender aftreksel blokkie
• Geel-en rooipeper opgesny 
   in repies
• Sesame saad
• ½ Koppie room
Koeskoes
• 2 Koppies koeskoes (reeds gemaak)
• 1 Blok peper feta
• 1 Eetlepel olyfolie
Metode
• Braai die hoender in olyfolie oor matige hitte.
• Gooi die paprika, sout en peper oor.
• Voeg die soyasous, heuning en knoffel by en braai tot gaar.
• Voeg sampioene, geel-en rooipeper by.
• Voeg 'n halwe koppie room, die hoender aftreksel en nog speserye by.
• Haal van hitte af en besprinkel met sesame sade.
• Breek die feta by die koeskoes in en roer deur met olyfolie.
• Bedien en geniet.