21
Thu, Nov

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Milana Burger is ‘n spysenier wat min bekendstelling in Klerksdorp nodig het. Haar gebak is legendaries, sy kan heerlike kookkos voorsit en al spandeer sy ure op haar voete voor die stoof, het sy altyd tyd vir ‘n vinnige geselsie. Haar hoenderkerrie-resep is ‘n gereg met baie geure en smaak, en maklik om self te maak. 

Deur Milana Burger

Bestanddele:
• 12 klein hoenderdye
• 12 baba aartappels
• Baba wortels
• 1 pakkie sampioene
• 1 liter room
• 1 eetl matige 

Rajah kerriepoeier
• 1 eetl matige 
   Rajah speserye
• Halwe boksie borrie
• Halwe boksie paprika
• 3 eetl appelkooskonfyt
• Knippie liefde (sout)
Metode:
• Meng alles saam en kook tot aartappels sag is. 
• Voeg sterker kerrie by indien jy die smaak warmer verkies.