20
Mon, May

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Maryna Erasmus is ‘n grafiese ontwerper by Klerksdorp Rekord en gewild onder kollegas vir die heerlike sop wat sy in die winter maak. Sy hou van bak en deel die resep vir ‘n tradisionele melktert.

MELKTERT

Kors:
• 125g Margarien
• 1 Eier
• 1t Bakpoeier
• 1/4 Koppie suiker
• 1 1/2 Koppie meel
• 'n Knippie sout
Metode:
• Meng droë bestanddele en vryf margarien in.
• Maak aan met eier. (Ek het dit sommer in die voedselverwerker gemeng.)
• Maak toe met kleefpapier en laat so 10 minute in die yskas rus.
• Druk vas in tertbak.

Vulsel:
• 3 Koppies melk
• 1 Koppie suiker
• 1 1/2 t Vanielje
• 1/4 t Sout
• 3 Eiers
• 1 1/2 Eetl margarien
• 1/2 Koppie melk
• 3 Eetl Maizina
• 1 1/2t Kremetart
Metode:
• Meng die maizina met die 1/2 koppie melk.
• Meng al die vulselbestanddele, behalwe die vanielje.
• Roer oor matige hitte tot dikkerig.
• Gooi vanielje in en roer deur.
• Skep in kors en strooi kaneelsuiker oor.
• Bak 25 minute tot goudbruin en gaar in 'n warm oond (180°C).