20
Mon, May

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

TAMBUTI KOMBUIS - Op ‘n Suid-Afrikaanse feestafel is daar byna altyd een van twee staatmakers – malvapoeding of melktert. Maar verbeel jou jy kan sommer albei hê! Dit is presies wat Jolene Fourie dié week vir Tambuti Kombuis voorberei. Jolene, een van die Rustenburg Herald se vriendelike ontvangsdames, en haar seun Ricardo het doenig geraak in die kombuis en toe met dié treffer-tert te voorskyn gekom. Die Malvamelktertpoeding word in drie stappe gemaak – kom ons wys jou hoe:

MALVAPOEDING

Bestanddele:
250ml Suiker
1 Eier
15ml Botter

60ml Appelkooskonfyt
250ml Melk
10ml Asyn

10ml Vanieljegeursel
250ml Koekmeelblom
5ml Koeksoda

Metode:
Voorverhit oond tot 180°.
Klits suiker, eier, botter en konfyt tot lig.
Meng melk, vanielje en asyn.
Sif meel en koeksoda, meng dan die eier en melk by.
Roer tot glad.
Gooi in ‘n gesmeerde bakpan (30cm x20cm).
Bedek met foelie en bak vir 40-50min.

MALVASOUS

Bestanddele:
125ml vars Room
20ml Botter
4 eetlepels Suiker
30ml Water

Metode:
Berei sous voor vir malvapoeding deur al die bestanddele saam in ‘n pot te plaas.
Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute.
Sodra die poeding uit die oond kom, steek gaatjies met ‘n mespunt oraloor in die poeding.
Gooi die warm sous oor die malvapoeding en laat dit intrek.

MELKTERT

Bestanddele:
1l Melk
180ml Suiker
3 Eiers
40ml Koekmeelblom
40ml Maizena
5ml Vanielje
5ml Botter

Metode:
Verhit melk en verwyder van hitte.
Moenie laat kook nie.
Klits suiker en eiers saam.
Gooi helfte van warm melk by die eiermengsel.
Sit die mengsel terug op hitte en gooi maizena en dan koekmeelblom by.
Meng goed om klonte te voorkom.
Kook tot mengsel dik word.
Haal van warm plaat af.
Gooi vanielje en botter by.
Roer goed.
Gooi die mengsel oor malvapoeding.
Strooi kaneel.
Plaas in yskas en laat goed afkoel om te stol.