19
Thu, Sep

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die perfekte nagereg na ‘n Sondagmiddagete. Christopher van Tonder beskryf homself as ‘n avontuurlustige mens wat hou van die buitelug. Sy gunsteling kos is pizza, maar daar is altyd plek vir ietsie soet na die tyd.

CHRISTOPHER SE SOUSERIGE SJOKOLADEPOEDING
deur Christopher van Tonder

Bestanddele
• 1 k (140 g) bruismeel
• 2 e (30 ml) kakao
• ½ k (100 g) bruinsuiker
• ⅓ k (80 g) Botter, gesmelt
• ½ k (125 ml) Volroommelk
• 1 eier, geklits
• 1 t (5 ml) vanieljegeursel
Sous
• 3 e (45 ml) kakao, gesif
• ¾ k (150 g) bruinsuiker
• 1¼ k (315 ml) kookwater

Metode
• Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n oondvaste bak.
• Sif die meel en kakao in 'n groot mengbak en roer die suiker by.
• Klits die botter, melk, eier en vanieljegeursel saam en giet stadig by die meelmengsel. Klits met 'n elektriese handmenger tot glad.
• Giet die beslag in die bak en maak met die agterkant van 'n lepel gelyk.
• Sif kakao oor die beslag en strooi die bruinsuiker oor.
• Giet die kookwater oor die agterkant van 'n groot lepel oor die beslag sodat alles bedek is.
• Bak 35 tot 40 minute tot deurgaar.
• Bedien warm of koud met spuitroom of roomys.