19
Thu, Sep

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Suné Heyneke het al die Mej Klerksdorp-kroon gedra en is ‘n aktiewe blondekop watt daarvan hou om te kamp en die buitelewe geniet. Sy het op skool Verbruikerstudies gehad waar sy leer bak en brou het. Malvapoeding is ‘n gunsteling nagereg.

Deur Suné Heyneke

Porsies: 6
• 25ml wit suiker
• 1 eier
• 25ml (1½ eetlepels) appelkooskonfyt
• 250ml koekmeel
• 5ml bakpoeier
• knippie sout
• 5ml koeksoda
• 250ml melk

Stroop
• 60ml botter
• 250ml suiker
• 125ml kookwater
• 250ml Amarula likeur
• knippie sout

Metode
• Klits die suiker en eiers. Die mengsel moet lig en romerig wees, so wees geduldig en neem jou tyd.
• Voeg die konfyt, meel, bakpoeier en sout by en roer goed.
• Meng die koeksoda met die melk en roer by die beslag.
• Skep beslag in gesmeerde oondbak
• In die oond sal dit teen 180°C bak vir ongeveer 'n uur.
Stroop
• Smelt die botter in 'n kastrol.
• Voeg al die ander bestanddele by en laat dit stadig verhit.
• Moenie die sous kook nie.
• Steek gaatjies in die poeding met 'n vurk.
• Giet die sous stadig oor die poeding en gee dit tyd om dit alles te absorbeer. Dit mag dalk lyk of dit veel stroop is, maar glo my, dit is nie.