19
Thu, Sep

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Marsanne van Diggelen, ‘n verpleegsuster in Klerksdorp, geniet dit om haar gesin met hierdie lekker malvapoeding vir nagereg te verras. Sy bedien dit met vla, maar met roomys is dit net so lekker. Jy hoef nie die brandewyn in die sous te gebruik nie.

Deur Marsanne van Diggelen (resep uit Smulkos deur Esther Malan)

Malvapoeding met brandewynsous

Bestanddele
• 2 k koekmeel
• Knippie sout
• 10 ml bakpoeier
• 100 g botter, kamertemperatuur
• 1 k ligte bruinsuiker
• 2 eiers
• 45 ml appelkooskonfyt
• 20 ml asyn
• 5 ml koeksoda
• 200 ml melk

Sous
• 200 ml suiker
• 125 ml melk
• 125 ml room
• 50 g botter
• 10 ml mielieblom, gemeng met 15 ml water
• 60 ml brandewyn

Metode
• Voorverhit oond tot 170°C. Smoor 'n 20 cm ringkoekpan met botter en bestuif met koekmeel.

Vir poeding:
• Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
• Klits die botter, suikers saam tot liggeel en romerig.
• Voeg die eiers een vir een by en klits goed.
• Voeg die appelkooskonfyt en asyn by die bottermengsel en klits goed.
• Los die koeksoda in die melk op en voeg om die beurt die droë bestanddele by die bottermengsel. Klits goed na elke byvoeging.
• Giet die beslag in die koekpan en bak 40-45 minute tot poeding gaar is.
• Bedek poeding met foelie indien te vinnig bruin bak.
• Laat die poeding 10 minute in pan afkoel en keer dan uit op 'n bord.

Vir sous:
• Verhit die suiker, melk, room en botter in 'n kastrolletjie en roer totdat die suiker gesmelt is.
• Roer die mielieblommengsel en die brandewyn deur en verhit totdat die sous bietjie begin verdik. Haal van die hitte af.

Vir voorsit:
• Steek 'n paar gaatjies in die poeding met 'n toetspen en giet die sous bo-oor. Sit warm voor.