19
Thu, Sep

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Hier by AgriPulse se "Raak die 'klits' kwyt" het ons 'n sagte plek vir tradisie - dit bly darem maar 'n feit dat die lekkerste eet- en drinkgoed uit ons mees verslete en geelverblykte resepteboeke kom. Ons het onlangs weer 'n paar van ons lekkerste tradisies opgesoek en soos ons lesers seker opgemerk het, op 'n eenvoudige resep vir die lekkerste amper soos "ingemaakte" kwepers afgekom.
Dit is juis nou weer kwepertyd en vir 'n lekker kombuiskuier was die feit dat Liesl Broeksma van Rustenburg Herald en haar ma (Henriëtte) van Stilbaai oor die Paasnaweek 'n langverwagte reünie gehou het, net die regte geleentheid. As jy nou gou spring, sal jy nog voor die seisoeneinde 'n paar sakkies kwekers in die hande kry. Koop sommer twee - dan maak jy dit op een of twee (of albei) van die volgende maniere:

Kook jouself "soet"
Gestoofde kwepers

Was die kwekers met skil onder lopende water - halfeer maar moenie ontpit nie. Plaas die snykante na onder in 'n vuurvaste bak, voeg water by totdat kweperhelftes begin dryf, voeg een eetlepel botter/Margarien en een eetlepel Muscuvado-suiker/bruinsuiker by vir elke kweperhelfte.
Strooi kaneel mildelik oor - bak teen 110°C vir vier uur of meer - sommer oornag - maar onthou om die deksel toe te maak. Bedien warm of koud met joghurt, room, vla of roomys.
'n Alternatief om die hele jaar kwepers beskikbaar te hê: Was en halfeer jou kwepers net soos hierbo... Plaas in 'n drukkoker en vul met water om kwepers te bedek. Voeg een teelepel suiker by vir elke heel kweper en stoom/drukkook vir 15 tot 20 minute. Plaas op draadrakkie en laat drupdroog... Hierna kan jy dit vries, verkieslik een-een en ontvries soos nodig...

Gesondheid:

Kwekers is nogal ietwat van 'n "onbekende" vrug onder die jonger generasie maar is verwant aan appels en pere. Kwekers is gesond en help met die voorkoming van kanker. Dit is ook goed vir mense wat gewig wil verloor en is bevorderlik vir hoë bloeddruk, cholesterol, inflammasie, die imuunstelsel, allergiese reaksies en stimuleer bloedsirkulasie en die kardiovaskulêre stelsel. Daar is letterlik dosyne opgetekende gesondheidsvoordele in kwepers. Jy sal dit egter geniet omdat dit eenvoudig vreklekker is...