19
Thu, Sep

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Stellalander-Vryburg- Ons kook saam met Gerda De Sousa, een van die bekende stemme op Jacaranda FM. Gerda is ‘n oudskolier van Hoërskool Vryburg en het in 1991 matrikuleer. Gerda deel haar spesiale resep vir piesangpoffertjies. Gerda sê dis een van daardie wat jy enige tyd en enige plek vir enige maaltyd en enige iemand aanmekaar kan slaan - en dis altyd ‘n wenner. Gerda verklap dat sy van dié poffertjies geleer toe sy eendag deur haar Portugese kookboek blaai op soek na inspirasie. Sedertdien, het sy die resep al bietjie aangepas en gooi sommer ‘n handvol oorryp bloubessies ook by. Dis ook baie lekker met kaneelsuiker.

Follow this link https:https: //bit.ly/kooksaammetgerda en kook saam met Gerda De Sousa

Piesangpoffertjies

Bestanddele:
500 gram bruismeel
‘n Knypie sout
4 eiers
500 ml karringmelk
4 piesangs, fyn gedruk
10ml gerasperde suurlemoenskil
Olie vir die braai

Metode:
Sif die bruismeel en sout in ‘n diep bak. In ‘n beker, klits die eiers en voeg die karringmelk by en dan die fyn gedrukte piesangs. Gooi die mengsel in die bak met die bruismeel en roer die beslag goed. Voeg die gerasperde suurlemoenskil by en meng goed. Verhit die olie oor medium hitte. Skep ‘n eetlepel van die beslag in die olie en braai tot dit goudbruin is. Dreineer die poffertjies op ‘n papierhanddoek en bedien terwyl dit warm is.

Bedien die poffertjies met enige iets van sjokoladesous tot aarbeikonfyt of opgekapte neute.
Hierdie resep maak tussen 24 en 30 poffertjies.